Arsenal kry ’n boude-bonus

Deur Razeen Gutta

Die nuwe superster op Arsenal se boeke, Jakub Kiwior, se liefie is ’n internasionale boudeswaaikampioen.

Dis reg. Noord-Londen verwelkom nie net ’n nuwe Poolse verdediger in hulle midde nie, maar ook die vrou wat bekend staan as “The Queen of Twerk”, Claudia Kowalczyk.

En sy het al ’n hele paar bekers verower.

Nadat hy ’n kontrak vir £21 miljoen (R420 million) geteken het, sal Arsenal se 22-jarige verdediger na Engeland se hoofstad verkas – en sy meisie het vir haar fans gesê sy is reg vir die groot skuif.

Kowalczyk, 32, wie se verhoognaam Redheaded is, is ’n Instagram-sensasie en het al talle toekennings vir haar vernuftige boudeswaaiery ontvang.

Sy is in 2017 in Duitsland as die Koningin van Twerk gekroon, en het haar eie klerereeks wat dansuitrustings vervaardig.

“London, I’m ready,” lees ’n onderskryf by ’n Instagram-foto van haar. Kowalczyk sien duidelik daarna uit om haar plek tussen die ander WAGs (wives and girlfriends) in die Engelse Premierliga in te neem.

“Dankie vir al julle boodskappe. Ek kan nie op almal antwoord nie, maar ek waardeer dit rêrig,” het sy bygevoeg, saam met ’n hart-emoji vir haar 60 000 navolgers.

Die hoog aangeskrewe Kiwior skuif oor van Spezia in Italië, nadat hy verlede jaar ’n klompie stewige vertonings vir Pole in Fifa se toernooi om die Wêreldbeker gelewer het.

In die foto hierbo: Jakub Kiwior en Claudia Kowalczyk

Fotobron: @footballnews254