Deur Karabo Rammutla
Khuthatso Ngobeni het matriek met twee onderskeidings geslaag… nadat sy ’n jaar lank weg was om as Sangoma opgelei te word!
Die 19-jarige Khuthatso, wat aan die Hoëskool J Kekana Mamelodi studeer het, is deur die Universiteit van Johannesburg goedgekeur vir ’n onderwysgraad.
Khuthatso, oorspronklik van Stinkwater in Hammanskraal, Tshwane, het in 2021, haar matriekjaar, skool verlaat en haar by die tradisionele geneser Solly Mathebula in Mamelodi aangesluit.
In 2022 het Mathebula haar teruggestuur om haar skoolopleiding te voltooi.
Khuthatso is ma is dood toe sy nog jonk was, en toe sy na Mathebula toe gaan, het haar familie alle geldelike hulp aan haar onttrek. Sy sou voortaan na haarself moes omsien.
“My pa sou my nou en dan kom besoek, maar Solly het al die geldelike verpligtinge oorgeneem. Hy het my selfs by die skool geregistreer,” het sy aan Scrolla.Africa gesê.
Sy het verlede jaar, terwyl sy op skool was, haar opleiding as sangoma voortgesit. Dit was moeilik om albei tegelyk te doen, maar sy het baie ondersteuning ontvang.
“Verlede jaar het ek my opleideing as geneser voltooi, en ek wou graag uitvind hoe ek op skool gevaar het.”
Mathebula sê hy het Khuthatso soos sy eie kind behandel.
“Sy het niemand gehad nie. Ek het ’n passie vir onderrig, en ek het gesê as sy haar opleiding as geneser wil klaarmaak, moet sy ook matriek voltooi,” het hy gesê.
Hy sê die volgende hindernis wat hy moet oorsteek, is om befondsing vir haar studies te vind.
“Ons het om studiehulp aansoek gedoen, en hou moed dat dit uitwerk. Sy volg haar roeping wonderbaarlik na. Sy gaan onderwys gee én genees,” het hy gesê.
In die foto hierbo: Khuthatso Ngobeni saam met haar leermeester, Solly Mathebula
Fotobron: Karabo Rammutla