Razeen Gutta
Daar word steeds gesoek na ‘n aggressiewe tierwyfie wat Saterdag ontsnap het uit ‘n eiendom in die Kliprivier-omgewin suid van Johannesburg. Al wat sover gevind is, is haar slagoffers.
Die tier is glo met die hand grootgemaak deur ‘n eienaar van die eiendom. Ander wild wat op die terrein aangehou word sluit in ‘n tiermannetjie en sebras.
Na berig word is die tier laas gesien naby die Daleside-veeartsenykliniek. Die dier het van die kleinhoewe ontsnap nadat heinings Saterdagaand daar oopgesny is.
Volgens Gautengse polisiewoordvoerder Kolonel Dimakatso Sello het die tier sedertdien ‘n 39-jarige man en ‘n hond in die gebied aangeval. Verskeie verslae het gemeld dat ander diere ook slagoffers was.
Die man het glo die aanval oorleef. Daar is egter geen nuus oor die toestand van die diere nie.
“Gemeenskapslede word aangemoedig om op die uitkyk te wees,” het Sello aan Scrolla.Africa gesê.
“Die soektog word uitgevoer deur Sedibeng K9, Johannesburg Airwing, Kliprivier misdaadvoorkomingslede en vrywilligers uit die gemeenskap.”
“Lede van die publiek word gewaarsku om nie die dier te nader nie, vir hul eie veiligheid. Kontak eerder vir Crime Stop by 08600 10111.”
Op die foto hierbo: ‘n Tierwyfie is soek sedert Saterdag se ontsnap van ‘n eiendom in Klipfontein
Beeldbron: @MDNnewss