Dinge verloop als behalwe glad vir sangoma Mable Mhlanga. Haar liefdeslewe het verstrengel geraak met haar besigheid, en nou het sy haar na die strate gewend vir bystand.
Mhlanga, 42, het gesê sy word deur ongeluk geteister sedert sy haar wit kêrel Tiaan Vos ontmoet het, wat ook 20 jaar jonger as sy is.
Mhlanga het gesê sy vermoed dat haar voorouers nie van haar kêrel hou nie, maar hulle het nooit met haar gekommunikeer nie en ook nie eers in haar drome verskyn as ‘n teken dat hy hulle nie aanstaan nie.
Sy het uiteindelik by mense begin bedel, omdat sy nie geld maak nie weens haar besigheid wat bykans tot stilstand gekom het, het The Daily Sun berig.
Sy het gesê sy sien minder kliënte sedert sy haar nuwe verhouding aangegaan het.
“En dié wat wel kom, sukkel om te betaal,” het Mhlanga gesê.
Mhlanga het gesê sy is lief vir mense en soms genees sy hulle gratis.
Selfs al het haar voorouers nie met haar oor die nuwe kêrel gekommunikeer nie, het sy gesê sy het geen planne om met hom op te breek nie.
“Ek is lief vir hom en ek beplan nie om binnekort die verhouding te verbreek nie,” het Mhlanga gesê.
Die ma van ses oorleef slegs op die toelaes van drie van haar kinders. Verlede jaar het sy glo voorvaderlike rituele uitgevoer om haar voorouers te behaag, maar steeds bly haar kliënte weg.
Mhlanga het bygevoeg dat haar voorvaders haar gevra het om rituele uit te voer en ‘n koei te offer, maar sonder geld sou dit haas onmoontlik wees.
Die sangoma het gesê hoewel sy nie glo dat haar voorvaders kwaad is vir haar nie, vermoed sy mense is jaloers op haar verhouding.
“Maar ek is nie seker of hy die probleem kan wees nie. Ons is gelukkig en ek is verlief op my mlungu-man, maar nie een van ons het geld nie,” het sy gesê.
Vos het gesê hy is lief vir sy nooi en is bereid om saam met haar te sterf. Hy is werkloos maar hoop om geld te verdien met spuitverfwerk.
Die paartjie beplan om in Februarie amptelik by Binnelandse Sake te trou. Hulle vra nou vir hulp sodat hulle ‘n huweliksviering kan hou.
Saamgestel deur Mashudu Mabila
Op die foto hierbo: Mable Mhlanga en Tiaan Vos
Beeldbron: Daily Sun