By Menzi Magubane
Die familie van ontslape Kwaito ster Mandla “Mampintsha” Maphumulo het gesê die plaaslike KwaZulu-Natalse regering het nie vir sy begrafnis betaal nie.
Sosiale media was vol gerugte dat die KZN-regering betaal het vir die begrafnis wat verlede Saterdag plaasgevind. Mampintsha is op Oukersaand in ‘n Durbanse hospitaal dood nadat hy ‘n beroerte gehad het.
Ná sy begrafnis Vrydag by die Durban Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konferensiesentrumkompleks, het gerugte opgeduik dat die plaaslike regering R50 miljoen gehoes het om die Maphumulo-gesin met begrafniskostes te help.
Die plaaslike regering van KZN het Woensdag ‘n verklaring uitgereik waarin hulle dié gerugte afgemaak het as fopnuus.
“Die valsheid wat sowat R50 miljoen betrek is niks meer as ’n verbeeldingsvlug deur diegene wat moreel en geestelik bankrot is nie,” lui die verklaring.
“Ons doen ’n beroep op die publiek om nie die mag van sosiale media te misbruik deur vals inligting te versprei nie.”
Mampintsha se suster Nomvuzo Maphumulo het namens die familie gepraat en aan Scrolla.Africa gesê die provinsiale regering het wel tot hul steun gekom, maar nie met R50 miljoen nie.
“Die bedrag op sosiale media is net fopnuus. Ek het die brief aan die kantoor van die premier geskryf en hul reaksie was dat hulle ons sou ondersteun,” het Maphumulo gesê.
Maphumulo het gesê die regering het dit duidelik gemaak dat hulle ondersteuning sou verleen vir wat ookal hulle self nie kon finansier nie.
Die plaaslike regering het toe die presiese bedrag genoem wat hulle vir die begrafnis opgedok het.
Hulle het bevestig die kantoor van die Premier het R170,000 betaal terwyl die Departement van Sport, Kuns en Kultuur met R50,000 vorendag gekom het.
Op die foto hierbo: Mampintsha-begrafnis
Beeldbron: IOL