Tiener op Nuwejaarsdag verkrag en vermoor

Songeziwe Mapukata

Die Nomaphelana-gesin kon hul nie ‘n erger begin van die jaar indink nie, want hul 18-jarige dogter is Sondagaand verkrag en meer as 20 steekwonde toegedien.

Sinelizwi Nomaphelana het op die eerste aand van die jaar haar huis in die dorpie Ntsundwane in Ngqeleni verlaat om saam met haar broers en susters fees te vier.

Sinelizwi se gegriefde tante Phuthuma Nomaphelana het aan Scrolla.Africa gesê dat die drietal kinders ‘n plaaslike taverne besoek het, maar net twee het later die aand omstreeks 2vm na die huis toe teruggekeer.

“Toe ek vra hoekom hulle haar daar gelos het, is ek vertel sy het saam met haar kêrel agtergebly,” het sy gesê.

Phuthuma sê toe sy Sinelizwi se kêrel daardie aand bel, het hy gesê dat hy by die taverne gaan bly, en sy het dus besluit om die pad huis toe alleen aan te durf.

Sy glo Sinelizwi is moontlik op pad huis toe verkrag en vermoor.

Een van die respondente op die toneel was plaaslike wyksraadslid Zilindile Hibhane, wat gesê het dat hy daae aand gesukkel het om te slaap nadat hy die slagoffer se lyk gesien het.

“Die kind het 19 steekwonde aan die voorkant van haar liggaam gehad, en toe nog agt steekwonde agter,” het die raadslid aan Scrolla.Africa gesê.

Nog ‘n woedende gemeenskaplid het sosiale media gebruik om in opstand te kom oor die feit dat plaaslike bugers nie meer doen om die plaag van geslagsgemikte geweld te beveg nie.

Ongeziwe Soqhayiya beweer daar was nog ‘n voorval waar ‘n bejaarde vrou vermoor is, wat volgens haar grootliks geïgnoreer is deur die gemeenskap en sy leiers.

“Alhoewel die skuldige wat daardie kind vermoor het bekend is, gaan hoegenaamd niks aan hom gedoen word nie,” het sy geskryf.

Langs Sinelizwi se lewelose liggaam het gemeenskapslede ‘n beursie gevind wat glo aan die betrokke skuldige behoort.

Die SAPD het teen tyd van publikasie nie op Scrolla.Africa se versoek om kommentaar gereageer nie.

Op die foto hierbo: Sinelizwi Nomaphelana

Beeldbron: Verskaf