By Dalphine Tagwireyi
Ons sluit 2022 nou amptelik af, maar my gevoel oor nuusgebeure is SJOE, wat ‘n jaar was dit nie.
Die jaar 2022 het klomp gemengde emosies opgelewer, en een besondere nuusberig op my lei het my met angs gevul, en so die laaste spyker in die kis geslaan wat betref het my besluit om terug te trek huis toe, Zimbabwe toe.
Die dag toe ‘n bron van die dorpie Masoyi in Mpumalanga ‘n SMS gestuur het om my in te lig oor ‘n soektog na ‘n vermiste sesjarige, het ek eerlikwaar nooit kon dink dat die dekking van hierdie storie ‘n impak sou hê op my besluit om uiteindelik moed bymekaar te skraap en Suid-Afrika te verlaat nie.
Die verhaal van Bontle Mashiyane het by my aanklank gevind, aangesien ek self ‘n ma is.
Alhoewel ons geleer is om nooit emosies toe te laat om deel van ons beriggewing te wees nie, was dit vir my ‘n totaal ander ervaring.
My maag het gedraai met elke nuwe ontwikkeling waarvan ek gehoor het.
My hart het gesink toe ek verneem dat ‘n veroordeelde moordenaar wat op parool vrygelaat is, die laaste persoon was wat gesien is waar hy met jong Bontle gesels.
Ek was verpletter toe ek hoor dat klein Bontle se verminkte lyk in ‘n vlak graf ontdek is. Om haar huis te besoek en haar treurende ma te sien, was hartverskeurend.
Hoe neem jy afskeid van ‘n kind wat nog so jonk is? Wanneer sal kinders veilig wees in hul vaderland? As ons volwassenes die oortreders is, wie sal dan ons kinders beskerm?
Soveel vrae en geen reguit antwoorde nie. Ek was buite weste en onthou ek kon nie daarna werk nie, want ek het net nie kop bo water kon hou nie. Ek het my ma elke dag gebel en haar gerusstellende ondersteuning het my aan die gang gehou.
Ek het elke dag met my emosies geworstel, want hierdie storie het my tot in die kern seergemaak en met die toenemende Twitter-veldtog gekoppel aan die #Zimbabweansmustgo hutsmerk, het ek besef dit was hierdie tragiese storie wat my gemotiveer het om terug huis toe te trek.
Ons beleef tans 18 uur van beurtkrag en ironies genoeg bly ons langs ‘n algemene hospitaal.
Ek verkies om banke buite Zimbabwe te gebruik, aangesien my geld veiliger en die kostes minder is, maar ons huis is ‘n veilige hawe gehul in liefde en beset deur familie.
My ma vra altyd “wat is volgende?” aangesien al die vriende van my kindertyd en studentejare nou wêreldwyd verspreid is. Ek reageer altyd met “waar die pen my heen stuur, dis waentoe ek sal gaan”.
Op die foto hierbo: Bontle Mashiyane
Beeldbron: Verskaf