By Lungi Langa
Ek onthou hoe ek geskarrel het vir inligting oor die April-vloede vroeër vanjaar in ‘n poging om met ‘n storie vorendag te kom
Terwyl ek aanhou soek het vir inligting, het ek aanhoudend besonderhede ontdek van gesinne wie se geliefdes in die vloed gesterf het, en families wat geliefdes gesoek het, aangesien hul vermis was nadat hulle deur vloedwaters meegesleur is.
Niks kon my voorberei vir die oproep wat op my tante se foon ontvang is nie.
Ons is ingelig dat my ander tante se huis in Nazareth, naby Pinetown in KwaZulu-Natal, onder die was wat op 12 April meegesleur is tydens ‘n massiewe reënbui wat die vorige dag begin het.
Gevolglik was my tante Duduzile Majola, haar man Bongani en hul 16-jarige seun Andile onder die meer as 460 slagoffers van die KZN-vloede.
Ons het glad nie verwag om hierdie tyding te hoor nie, aangesien ons heeltyd die oorstromingsverwikkelinge op die nuus gevolg het.
My neef Nathi, wat gelukkig genoeg was om die vloedaanslag te oorleef, het vir ons vertel dat hy en sy broer Andile en hul pa buite besig was om ‘n sloot te grawe om water deur te laat, nadat hulle opgemerk het dat water besig was om op te bou.
Terwyl hulle besig was om te grawe, het ‘n groot stroom water uit die niet gekom en sy pa meegesleur.
Hy en Andile het hom probeer help, maar Andile is ook meegesleur.
Hul lewelose liggame is die volgende dag onder rivierafval ontdek.
Hulle huis is ook ‘n paar kilometer weggespoel van waar dit gestaan met my tante, wat besig was om skoon te maak, steeds daarin.
Sy is ook die volgende dag bewusteloos ontdek en is na RK Khan Hospitaal gehaas, waar sy aan haar beserings beswyk het.
Teen die tyd dat ons hulle begrawe het, kon jy hulle skaars herken aangesien hul liggame erg ontbind nadat omdat hulle so lank by die lykshuis gehou is, aangesien daar te veel slagoffers van die vloede was om te verwerk.
Ek was nog nooit in ‘n situasie waar enige lid van my familie deel was van die storie wat ek gedek het nie – maar in hierdie geval was hulle deel van ‘n verskriklike nagmerrie wat ek nooit sal vergeet nie.