Mashunka se waardige broodwinners word vereer met Kerspronkparade

By Lungani Zungu

Hul swoeg heeljaar lank in die tuig sonder om te knak, maar dan word die manne van Msinga se Mashunka-dorpie soos supersterre behandel met hul terugkeer vir Kersdag.

Elke Kersfees word die broodwinners geparadeer deur die strate van Msinga in KwaZulu-Natal se hartland, gedos in swierige bypassende uitrustings.

Die mans word uitgerus in ‘n verskeidenheid van modieuse en duur klere, van Carvela-skoene tot Brentwood-broeke.

Terwyl hulle om die beurt met bypassende klere in die strate afstap, jil vroue en ander omstanders in ontsag.

Die geleentheid word elke Kersdag gehou ter viering van die broodwinners se veilige terugkeer na ‘n jaar van harde werk om vir hul gesinne te voorsien in verafgeleë plekke regoor die land.

Sipho Ngcobo – wat in Johannesburg werk, meer as 400 km van die huis af – sê die geleentheid inspireer hom om harder te werk.

“Dit is altyd lekker om waardeer te word omdat jy iets goeds doen. Ek sien uit daarna om Vrydag huis toe te gaan vir Kersfees,” het hy gesê.

Hy sê sy vrou, Nonhlanhla, woon by sy ma en hul kinders.

“Dit is my taak om na hulle om te sien as die man van die huis, want my pa nie meer met ons nie.”

Hy vertel die geleentheid het begin as ‘n klein byeenkoms van mans wat ver van die huis af werk. Sedertdien het dit met rasse skrede gegroei om ‘n onmisbare Kersfeestradisie vir die hele dorp te word.

“Die geleentheid inspireer mans om vir hul gesinne te voorsien terwyl hulle ook hulself bederf. Kom ons koop goed soos alkohol en klere nadat ons vir ons gesinne gesorg het.”

Op die foto hierbo: Broodwinners van Msinga

Beeldbron: Verskaf