Boris Becker het gevrees hy sou in tronk vermoor word

Driemalige Wimbledon-kampioen Boris Becker het gesê hy was bang dat hy vermoor sou word terwyl hy die afgelope agt maande tronkstraf uitgedien het.

Duitsland se voormalige Nr. 1 is verlede April vir twee en ‘n half jaar tronk toe gestuur vir aanklagte verbonde aan sy bankrotskapsaak.

Minder as ‘n week na sy vrylating het die 55-jarige Dinsdag tydens ‘n vertel-als onderhoud met Duitse uitsender Sat 1 erken dat ‘n medegevangene probeer het om hom “dood te maak”.

“Inderwaarheid het ek eenkeer ‘n sogenaamde ‘rusie’ gehad met ‘n gevangene wat my wou doodmaak,” het hy gesê; Becker was opmerkbaar maerder as die geval voor hy tronk toe is.

Becker, wat destyds in Huntercombe Gevangenis opgesluit was, het gesê ‘n gevangene wat na verwys is as “John” het gedreig om hom dood te maak.

Hy het gesê John was al vir langer as 16 jaar in die tronk nadat hy skuldig bevind is aan twee moorde toe hy net 18 jaar oud was.

Becker het gesê dat die gevangene ontevrede was omdat hy vriende gemaak het met van die swart gevangenes.

Hy het gesê by ‘n ander geleentheid het John gedreig om hom seksueel aan te rand en Becker was bang dat hy dit daar en dan sou doen.

“Ek het hard geskree en ander gevangenes het dadelik uitgekom en hom gedreig,” het hy is sy onderhoud beken.

Volgens Becker het ‘n groep van sowat 10 gevangenes – van wie die meerderheid swart was – tot sy redding gekom en gekeer dat John hom leed aandoen.

Becker het John beskryf as ‘n gevaarlike gevangene wat nie kon verstaan ​​hoekom Becker vriende wou maak met swart gevangenes nie.

“Die tronkwêreld is ‘n bietjie anders,” het hy bygevoeg.

Hy het beskryf hoe John hom later nederig genader het om sy vergifnis te vra, en ‘n geleentheid om versoening te versoek.

“Ek het hom omhels en gesê ek het groot respek vir hom,” het Becker gesê.

Becker is in April skuldig bevind aan vier aanklagte wat verband hou met sy 2017-bankrotskapsaak kragtens die Insolvensiewet en is deur Regter Deborah Taylor by die Southwark Crown-hof tot twee en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis.

Saamgestel deur Mashudu Mabila

Op die foto hierbo: Boris Becker

Beeldbron: CNN