Seebries maak Port St John’s koeie ‘cooler as ekke’

Buziwe Nocuze

Tweede Strand in Port St John’s aan die Oos-Kaap se Wildekus is bekend as een van die dodelikste strande ter wêreld weens haai-aanvalle.

Maar die plaaslike bevolking se ervaring van die strand is wêrelde verwyderd van hoe dit deur toeriste ondervind word.

Terwyl mense die seebriesie geniet, kan hul die koeie sien wat langs die kuslyn ontspan.

Plaaslike inwoner Zukile Mgoduka het aan Scrolla.Africa gesê toe hy die eerste keer die strand besoek, het hy amper weggehol met eerste oogopslag van seeliewende koeie wat langs die oewer af draf.

“Ek het nie veilig gevoel nie, want ons almal weet koeie hou daarvan om mense te jaag, maar hierdie diere is anders. Om langs die strand te bly het hulle kalm gemaak en hulle pla niemand nie,” het Mgoduka gesê.

Hy sê hy het nooit geweet dat koeie op strandsand kan loop nie. “Dit is die koelste koeie wat ek nog gesien het, wat langs die strand sit en die seebries geniet.

“Ek is seker hulle kan ‘n heerlike maaltyd maak, want hulle is gelukkige koeie,” het hy geskerts.

Luthando Homoyi het gesê die koeie is beswaarlik ooit siek.

“Hulle is altyd fris en sterk en word nie siek nie, so die strandstap werk goed vir hierdie koeie. Hulle eet net die gras langs die strand, want dit smaak anders as die gras in die dorpe en dis altyd groen.

“Om hulle dop te hou is ongelooflik. Hulle doen niks, hulle kyk net na die golwe, en jy kan sien hulle geniet dit. Al lyk hul vel anders, is hulle gesond.”

Op die foto hierbo: Koeie geniet die seebriesie op die strand in Port St John’s, Oos-Kaap

Beeldbron: Buziwe Nocuze