Buziwe Nocuze
Mzulungile Nocuze se lewe was maar meestal uitdagend, maar hy’s nie ‘n ou wat sommer opgee nie.
Nou 65 jaar oud, was hy maar in sy twintigs toe hy erg verbrand het in ‘n gasbottelontploffing. Die skade was afgryslik, en beide die gemeenskap en sy vrou het hom verwerp.
“Ná die voorval het my vrou vir my gesê sy kan nie meer my vrou te wees nie, want ek is nie die man met wie sy getrou het nie. Ek het soos ‘n monster gelyk, en sy kon nie ‘n bed met my deel nie.
“My vrou se verwerping was maar net die begin. Ander mense het my ook stief behandel, en die kinders was bang vir my, so ek het besluit om myself in die bos te gaan afsonder.”
Maar ‘n jaar later het hy sy sielsgenoot ontmoet. “Toe ek haar sien, was dit liefde met die eerste oogopslag, al was ek bang dat ek teleurgesteld sou wees omdat mense my anders behandel het.”
Verbasend genoeg het sy hom aanvaar, en vir hom gesê dat sy hom liefhet.
“Ek is my lewe aan haar verskuldig,” het hy gesê. “Sy het met haar liefde my selfbeeld laat herstel. As dit nie vir haar was nie, kon ek dalk gesterf het.”
Die egpaar, wat in 1984 getroud is en in Lusikisiki in die Oos-Kaap woon, is geseën met drie pragtige kinders.
“Ek wil gestremde mense aanmoedig om nooit hoop te verloor nie; hulle moet weet dat iemand daar buite hulle liefhet net soos hulle is,” het Nocuze gesê.
Maar hy verstaan nie hoekom ouer mense hom spot nie. “Kinders sal altyd kinders wees, maar ek verstaan nie ouer mense wat met my spot nie. Sommige wou nie ‘n glas water met my deel nie, want hulle dink dat hul dan ook soos ek gaan begin lyk.”
Busiswa Nocuze is lief vir haar man en sê sy sal hom weer kies. “Ek gee nie om wat mense van hom sê nie; hy is my man. Ek is lief vir hom.”
Wanneer mense haar vra hoekom sy ‘n verbrande man gekies het wat so skrikwekkend lyk, sê sy altyd: “Ek is lief vir hom. Hy is ‘n mens wat verdien om bemin te word, net soos almal anders.”
Die enigste ding wat sy haat, is hoe hul kinders met ander kinders baklei om hul pa te beskerm.
“My kinders is lief vir hul pa en verstaan nie hoekom ander kinders met hom spot nie. Hulle baklei altyd vir hom.”
Haar pleidooi aan ouers is om hul kinders oor respek te leer. “Kinders moet verstaan dat hulle verskillende mense gaan ontmoet. Hulle moet respek betoon.”
Op die foto hierbo: Mzuvukile Nocuze en sy vrou Busiswa Nocuze
Beeldbron: Buziwe Nocuze