By Zukile Majova
President Cyril Ramaphosa het ‘n naelskraap oorwinning as president van die ANC vir ‘n tweede termyn gevier, ná ‘n spanningsvolle aand waartydens sy hoofteenstander, Zweli Mkhize, die resies in ‘n noubetwiste affêre omskep het.
Alhoewel Ramaphosa na die ANC se 55ste nasionale konferensie opgeruk het met 70% steun van die party se 3,900 takke, is die finale uitslag voorafgegaan deur ‘n strawwe stryd met die voormalige minister van gesondheid.
Mkhize het 1,897 stemme gekry teenoor Ramaphosa se 2,487 stemme. Sy nederlaag het beteken dat KwaZulu-Natal, die sterkste ANC-streek onder oudpresident Jacob Zuma, geen verteenwoordiging in die ANC se top sewe vermag het nie.
Paul Mashatile, voormalige premier van Gauteng, het teruggekeer na Luthuli-huis as die adjunkpresident, nadat Ramaphosa-lojaliste Ronald Lamola en Oscar Mabuyene die Ramaphosa-lys verdeel het.
Premier Panyaza Lesufi, leier van die Gautengse groep wat hul by Ramaphosa skaar, het gesê Gauteng sal nie kompromieë aangaan in hul steun vir Mashatile as adjunkpresident nie.
Mashatile geniet erkenning vir die feit dat hy Luthuli-huis amper eiehandig bestuur het vir helfte van Ramaphosa se eerste termyn.
Die leier van die sogenaamde Alex Mafia was tesourier-generaal en waarnemende sekretaris-generaal nadat Ace Magashule gedwing is om opsy te staan. Hy het as die waarnemende adjunk-sekretaris gedien ná Jessie Duarte se dood.
Ramaphosa se bulhond, Gwede Mantashe, het sy pos as nasionale voorsitter behou.
Die minister van energie, Gwede Mantashe, het teruggekeer as nasionale voorsitter, nadat hy konferensiegangers se harte gesteel het toe hy die president beskerm het teen KwaZulu-Natalse afgevaardigdes wat hom uitgejou het toe hy Vrydagaand sy openingsrede gelewer het.
Mantashe het sekuriteit in die hoofsaal ingeroep om die ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma daarvan te weerhou om die toespraak te ontwrig.
Fikile Mbalula, wat tot sekretaris-generaal verkies is, het ‘n groot rol gespeel in die bekamping van die RET-magte wat met elke vertraging in die konferensieprogram Ramaphosa se steun probeer afbreek het.
Mbalula het op ‘n stadium ‘n koptelling van Ramaphosa ondersteuners gedoen en afgevaardigdes gesmeek om nie paniekerig te raak nie.
“Dit is nie nodig om paniekerig te raak nie. Die getalle is steeds aan ons kant. Ons het die getalle gegee. Kom ons handhaaf dissipline,” het hy gesê.
Hier is die finale uitslae van die ANC se top sewe:
1. President: Cyril Ramaphosa
2. Adjunkpresident: Paul Mashatile
3. Voorsitter: Gwede Mantashe
4. Sekretaris-generaal: Fikile Mbalula
5. Eerste adjunk-sekretaris: Nomvula Mokonyane
6. Tweede adjunk-sekretaris: Maropene Ramokgopa
7. Tesourier-generaal: Gwen Ramokgopa
Op die foto hierbo: Ramaphosa word gelukgewens oomblikke na sy herverkiessing
Beeldbron: Doreen Mokgolo