Met liefde uit Limpopo: Hulle kom dalk van die ander kant van die N1 af, maar Thabiso Sekhula sê daardie spesiale Limpopo-faktor maak van hul Supersterre in die Groot Rook
My maat sê altyd daar is meer Limpopo-mense in Gauteng as op alle ander plekke tesame, en as ek na die verkeer op die N1 kyk, hoe uitermatig ookal, steek daar baie waarheid in.
Tydens my mees onlangse reis na Gauteng wou ek hierdie teorie uittoets. Dit het gelei tot heerlike interaksies.
Ek is meer bewus van mense wat Sepedi, Xitsonga en TshiVenda praat wanneer ek nie in Limpopo is nie, en wanneer ons mekaar raaksien, ontaard dit in minute van groet, grappies en stories van ons tuisgrond af. Dis so ‘n skone en moeitelose verbinding wat ons aan ons huis herinner.
Ek het vyf kollegas van Limpopo wat by die Johannesburgse kantoor werk en een van hulle ken toevallig die eienaar van ‘n wonderlike nuwe plek waar ons graag geleenthede wil aanbied.
Ek het Glen Lewis ontmoet by ‘n hotel waar hy as DJ werk. Ek het daar oornag terwyl ek ‘n paar dae se werk in die stad gedoen het.
Glen het die Limpopo-handelsmerk bevorder nog voor ek hoërskool toe gegaan het deur sy klanke en onbeskaamde uitsending in die Venda-taal as mede-lekarapa. Ek moes my waardering betoon.
Ons het uiteindelik gepraat oor hoekom Limpopo-mense elke week huis toe gaan ten spyte van die ure wat dit vat om van Gauteng af te reis, hoe onderbemark Limpopo-toerisme is, en die potensiaal wat die provinsie se mense en geografie inhou.
Twee ure tevore het ek iets gaan eet en ‘n vriendin raakgeloop wat ons ‘n paar maande gelede op haar besoek aan Limpopo ontmoet het.
En aangesien die uwe inderdaad ‘n sosiale media-beïnvloeder is (dis ‘n wenk…), is ek genooi na ‘n TikTok-meesterklas om my blad @1000LimpopoSecrets te verteenwoordig – en genade, was dit nou vir jou ‘n inspirasie.
Ek het ‘n jong dame met die naam Miss Hillary ontmoet. Sy is alombekend op sosiale media vir haar bevordering van die Tsonga-kultuur deur by die mees moderne geleenthede te verkyn en op moderne musiek soos amapiano te dans in haar xibelani – ‘n tradisionele Tsonga-dansromp.
Miss Hillary het die Tsonga-kultuur en Limpopo tot so ‘n mate bemark dat wanneer internasionale supersterre die land besoek, die Departement van Toerisme ‘n beroep op haar doen om hulle te verteenwoordig.
Sy was deel van die voormalige Mej SA Shudufhadzo Musida se gevolg toe sy die land by Mejuffrou Wêreld gaan verteenwoordig het in ‘n xibelani-uitrusting wat deur Hillary geïnspireer is.
Ek het ook vir Madam Speaker ontmoet, seker een van vandag se grootste motiveringsprekers – ‘n vrou van Lephalale wat ‘n impak maak nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die vasteland.
Al die supersterre met wie ons gesels het was nederig en het soveel van hul tyd aan my afgestaan. Hul het ook video’s opgeneem wat Limpopo oor die wêreld heen uitbasuin.
En ek het soveel gewone mense ontmoet wat weier om normaal te wees en waag om ‘n bietjie van hul Limpopo-afkoms te gebruik om deur te breek in ‘n wêreld vol talent. Hul staan steeds uit – daardie lekker Limpopo-faktor.
Op die foto hierbo: Miss Hillary
Fotobron: Instagram