Dylan Bettencourt
Die Atlas Leeus van Marokko het geskiedenis gemaak deur die eerste Afrikaspan te word wat ‘n Wêreldbeker-halfeindstryd haal, na hul een Europese reus na die ander uitgeskakel het.
Die Noord-Afrikaners het begin om die vonke te laat spat toe hul België, die tweede-gekeurde span ter wêreld, tydens die groepfase verslaan het en sodoende vir die eerste keer sedert 1986 na die uitkloprondtes deurgedring het.
Van daar af het Marokko ‘n opdraende pad gehad teen Spanje, eertyds heer en meester oor klomp grond in hul land, maar hulle het daardie toets met vlieënde vaandels geslaag en per strafdoelstryd gewen.
Toe het hulle ander voormalige koloniste, Portugal, moes aanvat in ‘n wedstryd wat groot historiese potensiaal gehad het.
Marokko het daardie wedstryd met 1-0 gewen en sodoende die eerste Afrika-land in die topvier van ‘n Wêreldbeker-toernooi geword.
Met niks om te verloor nie, staar Marokko nou nog ‘n land in die gesig wat hulle vir meer as vier dekades gedurende die begin van die 20ste eeu in Frankryk as ‘n protektoraat beheer het.
Dit gaan hul grootste uitdaging nog wees, want nie net is Frankryk die heersende kampioene nie, maar politieke spanning het opgevlam in die aanloop tot die wedstryd.
Polisie in Frankryk het Saterdagaand met Marokkaanse ondersteuners gebots wat hul oorwinning oor Portugal in die strate van Parys gevier het.
Die botsings kom ná twee dekades van politieke spanning tussen die twee nasies – nét die week is Franse burgers van Marokkaanse afkoms wat die Atlas Leeus se oorwinning gevier het deur Franse politikus Éric Zemmour uitgetrap.
Die geskiedenis tussen Frankryk en Marokko kom ‘n lang pad, met sommige van die Marokkaanse spelers in Katar wat in Frankryk gebore en getoë is.
Wanneer albei spanne egter die veld betree, sal al die politiek vergeet word en sal Marokko veg vir ‘n plek in die Wêreldbeker-eindstryd.
Voordat die skouspel in Katar begin het, het die idee van ‘n Afrika-span wat ‘n kans staan om die eindstryd te haal, na ‘n flou grap geklink.
Maar dié keer is dit Frankryk wat die gewig op hul skouers sal hê, en Marokko wat met die grootste vryheid hulself sal kan uitdruk.
Marokko sal as helde terugkeer, ongeag Woensdagaand se uitslag, maar ‘n nederlaag vir Frankryk sal ontsteltenis en woede regoor hul land veroorsaak.
Die tweede halfeindstryd skop Woensdagaand om 9nm af..
Op die foto hierbo: Marokko se vieringe in Katar
Beeldbron: @FifaWorldCup