Songeziwe Mapukata
In ‘n dorpie genaamd Mdlankomo by Libode in die Oos-Kaap is daar ‘n hartseer gemeenskap, gehul in die skadelike rook van ‘n projek wat nie daarin kon slaag om hul lewens te verbeter nie.
Beskadigde huise, verlies aan vee, geheimsinnige vrektes en swak gesondheid is aan die orde van die dag.
Die rook word veroorsaak deur ontploffings by ‘n steengroefprojek in hul dorp.
Een lid van die gemeenskap, die 68-jarige ouma Nobelungu Mtshakaza, vrees haar huis gaan eendag ineenstort en sy sal onder die puin begrawe word.
“My grootste vrees is nie misdadigers wat my aanval terwyl ek alleen is nie, dit is eintlik dat die ontploffings my eie huis eendag op my sal laat ineenstort terwyl ek alleen tuis is,” sê Mtshakaza.
Mtshakaza praat met Scrolla.Africa vanuit haar huis met sy mure vol krake, en sê die lewe was nooit weer dieselfde nadat die steengroefprojek in 2014 afgeskop het nie.
Haar huis is net ‘n hanetreetjie weg daarvandaan.
Sy leef met artritis, wat haar half-verlam gelaat het, en daarom glo sy dat sy nie betyds sal kan wegkom as haar huis tydens een van die ontploffings meegee nie.
Sy loop op stukkende krukke omdat sy nie nuwes kan bekostig nie. Sy woon al baie jare alleen aangesien haar kleinkinders in Johannesburg studeer.
“Elke keer as daar geskiet word, verkrummel die pleisterwerk op die mure en word die hele huis gevul met giftige rook wat soos petrol ruik en proe. Ek moet plat op my bed lê en myself met lae lakens bedek sodat ek nie die rook inasem nie,” het sy gesê.
“Dit raak nog moeiliker; dit lyk of water in die tenk altyd olieagtige opdrifsels het vir ‘n paar dae [na ‘n ontploffing] voordat ek dit kan drink. Ek moet dit drink, want ek het geen ander uitweg nie,” het sy bygevoeg.
Mtshakaza maak staat op haar buurvrou om vir haar drinkwater uit die tenk te gaan haal en om haar TV te bedek, wat nou ophou werk het omdat haar huis lek. Die situasie vererger verder as daar swaar reënval is.
Sy het gesê sy sal nie omgee om verskuif te word en elders te gaan woon nie, behalwe dat haar oorlede dogter se graf net langsaan is, en sy haar nie kan haar voorstel om dit ooit agter te laat nie.
Scrolla.Africa het verlede week met Khwezi Siwahla van Khwezi Quarry gepraat, wat gesê het die maatskappy doen niks verkeerd nie.
Op die foto hierbo: Ouma Nobelungu Mtshakaza
Beeldbron: Songeziwe Mapukata