Kamogelo Olaitan
Die adjunkhoof wat Maandag glo nakend saam met ‘n vroulike Graad 12-leerder betrap is, het bedank.
Die Departement van Onderwys in Limpopo het gesê die 52-jarige onderwyser van Kgagatlou Sekondêre Skool het Woensdag sy bedankingsbrief ingedien, wat onmiddellik van krag is.
Departementele woordvoerder Mike Maringa het gesê die senior onderwyser het bedank toe die departement hom op voorsorgverlof geplaas het, terwyl sy verhouding met die leerder ondersoek word.
‘n Videogreep van ‘n skare wat die onderwyser rondparadeer nadat hulle hom aangerand het, is Maandag op sosiale media versprei. Hy is na bewering betrap dat hy seks gehad het met die 18-jarige leerder by sy huurhuis in Ga-Mphahlele.
Die adjunkhoof, Samuel Nchabeleng, het aan Sowetan gesê dit is nie die eerste keer dat hy daarvan beskuldig word dat hy ‘n seksuele verhouding met ‘n leerder het nie.
Hy sê daar is ‘n klag teen hom ingedien by sy vorige skool, waar hy die skoolhoof was. Hy is daarvan aangekla dat hy twee vroulike leerders seksueel aangerand het.
“Nog ‘n eis is in September by hierdie skool ingedien, maar daar steek geen waarheid in enige van hierdie beskuldigings teen my nie,” het hy gesê.
Die tiener se oom het aan Scrolla.Africa gesê hulle is bly dat hy nooit weer sal kan skoolhou nie.
“Ons stuur ons kinders skool toe, en hy bejeën hulle as vroue om mee te slaap. Hy moet nooit weer skoolhou nie,” het die tiener se oom gesê.
Op die foto hierbo: Adjunkhoof Samuel Nchabeleng.
Beeldbron: Sowetan