Rolstoelgebonde Ncedo raak jong lewens deur dans en raad

By Buziwe Nocuze

Ncedo Bhongoza van Philippi Browns Farm in Kaapstad, wy sy lewe daaraan om ‘n positiewe verskil te maak vir jongmense in sy gemeenskap.

Ncedo, wat afhanklik is van ‘n rolstoel sedert hy in 2016 tydens ‘n rooftog geskiet is, het gesê hy het ná sy eie lewensveranderende voorval besluit hy wil ‘n verskil maak.

Hy het die Phakama-jeuggroep gestig waar hy 24 jongmense van agt tot 17 jaar leer oor dans, musiek en poësie, en hulle ook met huiswerk help.

“Die voorval het vir my gewys hoe gevaarlik die gebied is. Ek het geweet ek moet iets doen om te keer dat jongmense by misdaad betrokke te raak,” het Ncedo gesê.

“Om my storie met hulle te deel, het my help genees, terwyl ek sommige van hulle daarvan verhoed het om by misdaad betrokke kon raak. Hulle sien hoe misdaad lewens verwoes.”

Ncedo het gesê almal gaan deur ‘n moeilike tyd en die enigste manier om uitdagings te oorkom is deur mekaar te ondersteun.

Hy het aan Scrolla.Africa gesê as hy nie besluit het om by die jongmense betrokke te raak nie, depressie hom sou opkeil.

“Ek het baie gestres oor die verlies van my vermoë om te loop. Ek het dalk hul lewens gered, maar hulle het myne ook gered,” het hy gesê.

“Jongmense het al die hulp en aandag nodig wat hulle moontlik kan kry. Daar is oral dwelms en tienerswangerskappe, en jongmense het iemand nodig om na hulle te luister en vir hulle raad te gee. Ons moet in hulle belê om ‘n beter toekoms vir ons almal te verseker.”

Hy sê hy het 24 kinders onder sy vlerk, maar kan steeds meer inpas.

“Om hulle met skoolwerk te help motiveer hulle, en maak dat hul beter mense wil word.”

‘n Lid van die groep, Mile Kama, het gesê Ncedo het hulle gered van dwelmmisbruik, swangerskap en misdaad.

“Ons maats is rigtingloos. Sommige het die skool verlaat, sommige is swanger, en sommige gebruik dwelms. As dit nie vir die groep was nie, kon een van ons dalk die slagoffer van al hierdie euwels gewees het. ”

Ouer Nosipho Mkhontwana het Ncedo en ander lede bedank vir dit wat hulle vermag.

“Wat hulle ookal daar doen, hulle moet daarmee voortgaan, want ons kinders is veilig daar. Ons kinders se gedrag en skoolprestasie het verander sedert hulle by die groep aangesluit het. Ons as ouers is dankbaar,” het sy gesê.

Op die foto hierbo: Ncedo Bhongoza saam met sy Phakama Jeuggroeplede in Philippi Browns Farm, Kaapstad.

Beeldbron: Verskaf