Aantygings van mishandelende seun dwing Sonia Mbele om verlede op te diep

By Doreen Mokgolo

Die aktrise Sonia Mbele sal nie ander pad kyk oor mishandeling nie – selfs al is die oortreder haar eie seun.

Sonia se seun se nooi, Reokeditswe Makete, het Woensdag op haar Instagram-blad vertel dat sy fisies en emosioneel mishandel word deur haar jarelange kêrel en die pa van haar kind.

Sy het foto’s gedeel van haar bygedamde en gekneusde gesig.

Sy het beweer dat Donell Sedibe haar fisies en emosioneel mishandel het, haar erg geslaan en haar sosiale media-rekeninge oorgeneem het.

“Hy het my op vier verskillende geleenthede mishandel, elkeen erger as die vorige,” het sy gesê.

“In die onlangse aanval wou ek ‘n klag indien, maar was in stryd met my liefde vir hom. Ek het hom voor myself gestel en al waaraan ek kon dink was sy toekoms en hoe selfsugtig ek sou wees om dit te verwoes.”

Makete het bygevoeg dat Sedibe haar toegang tot haar sosiale media-platforms geblok het, wat haar verhinder het om nuus oor haar beproewing te deel.

“Hy het hulle uitgevee omdat hy nie wil hê die publiek moet weet watter slegte man hy is nie,” het sy gesê.

Nadat die bewerings opgeduik het, het Mbele dit aangespreek in ‘n verklaring wat later op Woensdag uitgereik is.

Mbele het haar ervaring gedeel van mishandeling aan die hand van Sedibe se pa, Leslie Sedibe, met wie sy agt jaar getroud was voordat hulle in 2014 geskei is.

“Ek was vir nege jaar vasgevang in ‘n afbrekende verhouding. Ek is fisies, sielkundig en emosioneel mishandel,” het sy gesê.

“As ‘n slagoffer van mishandeling kan ek nie so ‘n standpunt ondersteun of goedpraat nie.”

Sy het voorheen in die media vertel dat sy tydens haar huwelik selfs een keer selfmoord oorweeg het.

“Ek moes my loopbaan tot stilstand bring en probeer om my huwelik te laat werk,” het sy gesê.

Die aktrise het bygevoeg dat sy ná die egskeiding, vroeër moes probeer het om voorkomende maatreëls te tref, soos berading of terapie vir haar kinders.

“Soms is die fout wat ons geneig is om te maak as enkelma’s in Afrika, om aan te neem en te hoop dat als ten beste sal uitwerk. Maar sekere soort gedrag uit die verlede kan aanhou om komende geslagte te beïnvloed,” het sy gesê.

Op die foto hierbo: Reokeditswe Makete

Fotobron: Instagram