ANC takke verskans Ramaphosa se kans op tweede termyn

Lungani Zungu

Dit lyk onbetwisbaar dat ANC president Cyril Ramaphosa sy partypresidentskap sal behou wanneer die regerende party nuwe leiers kies tydens sy 55ste verkiesingskonferensie kragmeting in Desember.

Die ANC het Dinsdag sy finale lys van genomineerdes vir die top ses posisies bekend gemaak.

Ramaphosa se ondersteuners sê daar is geen kwessie dat hy sy posisie sal behou nadat hy deur 2,037 ANC takke benoem is.

Sy uitdager, voormalige gesondheidsminister Zweli Mkhize, het die ja-woord by 916 takke gekry.

Die twee senior ANC leiers sal deurdring tot die stemming vir die posisie van partypresident.

Volgens plan en gebaseer op geskiedenis, word verwag dat die kandidaat wat die top partyposisie inneem, volgende in die ry is vir die pos van staatspresident.

Ander presidensiële hoopvolles, Nkosazana Dlamini Zuma en Lindiwe Sisulu, kon nie genoeg steun inwin om op die stembrief ingesluit te word nie.

Daar word verwag dat die konferensie vooruitgeloop gaan word deur strawwe onderhandelinge en transaksies agter die skerms.

Met 1,791 benoemings is die voorloper vir die pos van adjunkpresident Paul Mashatile, wat die ANC se huidige tesourier-generaal en waarnemende sekretaris-generaal is.

Lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) en voormalige ANC jeugligaleier, Ronald Lamola, het 427 benoemings ontvang. ANC voorsitter in die Oos-Kaap en die provinsie se premier, Oscar Mabuyane, het laaste gekom met 397 benoemings.

Stanley Mathabatha, plaaslike voorsitter van die ANC en premier van Limpopo, het die hoogste aantal benoemings vir die pos van nasionale voorsitter ontvang teen 1,492.

Hy is gevolg deur die huidige nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, met 979.

Suid-Afrika se adjunkminister van finansies David Masondo het 507 benoemings gekry.

Mathabatha, Mantashe en Masondo sal dit uitspook vir die posisie van nasionale voorsitter.

Voormalige ANC sekretaris in KwaZulu-Natal, Mdumiseni Ntuli, lei die benoemings vir die voltydse pos van sekretaris-generaal nadat hy 1,225 benoemings gekry het.

Phumulo Masualle het 889 ontvang, en Fikile Mbalula het derde gekom met 749 nominasies.

Die enigste twee vroue wat in die benoemingsproses vir die top ses posisies gekwalifiseer het – Nomvula Mokonyane en Febe Potgieter – sal teen mekaar te staan kom vir die pos van adjunk sekretaris-generaal.

Mokonyane het 1,779 gekry teenoor Potgieter se 905 nominasies.

Vir die pos van tesourier-generaal het Ramaphosa se politieke adviseur, Bejani Chauke, 552 benoemings ontvang.

Huidige ANC woordvoerder Pule Mabe het tweede gekom met 428 benoemings, en Mzwandile Masina, die ANC voorsitter in Ekurhuleni, het 348 benoemings gekry.

Die benoemings is Dinsdag deur die voorsitter van die party se verkiesingskomitee, Kgalema Motlanthe, by die ANC hoofkwartier, Luthuli Huis, bekend gemaak.

Voormalige president Jacob Zuma en sy eens-bondgenoot, nou-vyand adjunkpresident David Mabuza, kon nie die stemlys haal nie.

Zuma het sy hand opgesteek vir die voorsittersposisie, terwyl Mabuza sy adjunkpresidentspos wou behou.

Op die foto hierbo: Voorbokke in die ANC se presidensiële resies, Cyril Ramaphosa en Zweli Mkhize

Beeldbron: @MyANC