Dylan Bettencourt
Die hele wêreld gaan Sondag tot stilstand kom wanneer die Katar 2022 Wêreldbeker afskop.
Sokker sal die spil wees waarom als draai – die oomblik waarop almal vier jaar lank al wag, het uiteindelik aanbreek. Daar is geen groter vertoonvenster nie, daar is geen beter prys nie, daar is geen oomblikke meer spesiaal as dié wat Wêreldbeker toernooie oplewer nie.
Die mate waartoe sport mense bymekaar bring is eenvoudig skouspelagtig, en geen geleentheid kan met die Wêreldbeker meeding op hierdie front nie, vir beide goeie en slegte redes.
Alhoewel die Wêreldbeker voorafgegaan is deur telke slegte oomblikke, sal die grootsheid van hierdie pronkstuk wat die hoop van 32 nasies koester, sekerlik die goeie laat deurskyn.
Die skouspel gebeur net elke vier jaar, wat elke wen en verloor selfs meer spesiaal maak as die vorige een. Al sewe keer wat jy voet op die veld sit moet daar gewen word, elke wedstryd tel, elke doel beteken die wêreld, en die ondersteuners van daardie land sal elke oomblik geniet.
Europese spanne het die laaste vier spogsokker geleenthede oorheers, maar hierdie keer lyk dit of twee Suid-Amerikaanse spanne bestem mag wees om die kroon te lig.
Beide Brasilië en Argentinië het gewys hulle het die talent en ervaring om die hoogste sport te betree.
Dis egter onvermydelik dat die twee spanne mekaar of die veld gaan vasloop voordat een van hulle die eindstryd kan haal.
Vir Europa het die hoop op ‘n vyfde agtereenvolgende oorwinning uitsluitlik gerus op Frankryk – wenners van die 2018 toernooi in Rusland.
Terwyl die kampioene vanjaar nie besonder sterk lyk nie, mag die talent in die groep en ervaring van verskeie Wêreldbeker wenners genoeg wees om die trofee weer te lig.
Vir Afrika het die wen van daardie eerste Wêreldbeker trofee amper onmoontlik gelyk, maar hoop dat Senegal ‘n aangename verassing mag veroorsaak, beskaam nie.
Dit het egter ietwat getaan met die nuus dat superster Sadio Mane nie in Katar sal kan opdraf nie, aangesien hy vroeër die week geopereer is.
Hoe ookal die Wêreldbeker verloop, daar sal oomblikke wees wat mense nooit gaan vergeet nie, met doele in oorvloed en emosies wat die hele spektrum dek.
Die Wêreldbeker is op hande en dit gaan beslis spesiaal wees!
Beeldbron: @Reuters