Ag nee, Charlize: Afrikaans is hier om to bly

STANDPUNT: Zukile Majova is ontsteld dat sy gunsteling aktrise dink Afrikaans is besig om te sterf. Dis níé.

Ek het Donderdagaand die voorreg gehad om met die skrywer Jacques Pauw gedagtes te wissel oor Charlize Theron se opmerking dat Afrikaans ‘n sterwende taal is.

My gesprek met hierdie trotse seun van Pretoria en lewenslange aanhanger van die Blou Bulle het vinnig verby koeitjies en kalfies beweeg.

Ek het begin deur vir hom te vra: Hoekom word jou boeke nie ook in Afrikaans uitgegee nie?

Die gesprek het gaan draai by die groei van Afrikaans, en hoe dit ontwikkel het van onderdrukkerstaal in die oë van swart Suid-Afrikaners, tot net nog ‘n plaaslike taal met ‘n blink toekoms.

Ek het vir hom gesê Scrolla.Africa publiseer nou in Afrikaans, met reuse belangstelling bine ‘n kwessie van ‘n week.

Daar is nou meer swart en bruin mense wat die taal praat as tradisionele wit Afrikaanse gesinne.

As kind van die 80s wat in dorpies in die voormalige Transkei grootgeword het en nooit die taal ervaar het as rasse-instrument wat teen my gebruik word nie, is ek een van baie mense wat Afrikaans wil lees, skryf en praat.

Deesdae is my daaglikse ervaring van die taal met ou toppies en tannies in die township wat ‘n kasie-geur aan die taal verleen het.

Dit is meestal voormalige inwoners van Sophiatown en Distrik Ses wat nou met trots die taal gebruik, en na ons verwys as “my laaitie”.

Dit word dus ons uitdaging om sin te maak van gesprekke wat 70% Afrikaans, 10% Engels en 20% Xhosa is.

Storie van my lewe.

So jy kan my ontsteltenis verstaan met aanhoor dat my gunsteling aktrise dink die taal is besig om uit te sterf, en dat dit irrelevant sal wees in die toekoms.

Niks is verder van die waarheid af nie. Waar ek my ookal draai, verwelkom mense die taal in hart en huis.

Moontlik om Premier Panyaza Lesufi hier in Gauteng te irriteer, stuur groot getalle swart gesinne hul kinders na Afrikaanse skole toe.

Die nuwe Afrikaanse Universiteit is oop vir swart studente omdat daar geen twyfel bestaan ​​dat “die toekoms van Afrikaans in bruin hande is nie”.

En almal wat beweer dat hulle vir die taal omgee, moet die realiteit aanvaar dat Afrikaans sal aanhou ontwikkel.

Daar is soveel dialekte van die Kaapse taal wat in dele van Kaapstad gepraat word dat jy dit altyd met gemak as padvinder kan gebruik.

Tussen teater, musiek en vermaak het die romanse met Afrikaans die hoogte ingeskiet, veral ná die gebeure van 1994, met kwaito-treffers soos “Waar was Jy?”

Bra Georgie Zamdela sou nie vir dekades in die SAUK se Isidingo oorleef het as ons nie met hom en die tsotsitaal kon identifiseer nie, ek sê.

Dit sal interessant wees om die kykersgetalle te bestudeer van 7de Laan en een van my gunsteling TV-advertensies, wat die assuransie maatskappy Virseker in Afrikaans adverteer.

En, nee, dit was nie op KykNet nie.

Hierdie week is ek getref deur die groei van Dr Pieter Groenewald se Vryheidsfront Plus, wat die DA ‘n bloedneus gepot het tydens ‘n tussenverkiesing in Limpopo.

So kan Afrikaans ‘n herlewing op die planke bring. Meer Suid-Afrikaners praat vandag Afrikaans as tydens enige ander tyd in sy geskiedenis.

Dis hoe ek, ‘n Xhosa-spreker van die Oos-Kaap, dit reggekry het om Jacques Pauw, ‘n Afrikaner van Pretoria, te oortuig om in sy eie taal te publiseer.

Wonders sal nooit ophou nie…

Op die foto hierbo: Sy is steeds Zukile Majova se gunsteling aktrise

Bron: @thinkCharlize