Lungani Zungu
EFF-leier Julius Malema probeer sonder veel sukses om die bekende skrywer Jacques Pauw se nuwe boek, Our Poisoned Land, uit alle boekwinkels te laat verwyder.
Pauw se nuwe boek, wat as plofbaar beskryf word, verduidelik hoe Malema en ander EFF-leiers se beweerde verhouding met die omstrede Italiaanse tabaksmokkelaar Adriano Mazzotti ontwikkel het.
Mazzotti het na bewering die EFF se stigting in 2019 gefinansier.
Our Poisoned Land delf ook dieper in sake rakende Mazzotti se finansiering van Malema se luukse leefstyl – wat hy glad nie skaam is om in die openbaar af te wys nie.
Sedert dit ‘n paar weke gelede die rakke geslaan het is 210,000 kopieë van die boek reeds verkoop.
NB Uitgewers, wat die boek gedruk het, is steur hul min aan Malema en sê hulle sal nie die boek onttrek nie.
“Al die inligting in die boek is behoorlik verkry en wettig gepubliseer, en eise vir ontrekkings en verskonings is verwerp,” het die uitgewer in ‘n verklaring gesê.
Die uitgewer het Dinsdag in ‘n verklaring gesê hul het ‘n dringende brief van Malema se prokureurs ontvang wat hulle opdrag gee om die boek te onttrek.
Volgens NB Uitgewers vra die brief dat “beide mnr Jacques Pauw en NB Uitgewers onvoorwaardelik om verskoning vra aan Mnr Julius Malema, Mnr Floyd Shivambu, Mnr Ndlozi, en alle ander lede van die Economic Freedom Fighters, vir die nalatige en mala fide publikasie van vaslse, ongeverifieerde en lasterlike bewerings met betrekking tot daardie partye”.
Verder vra die EFF se prokureur dat enige publikasie of herpublikasie van die bewerings vervat in die boek, “óf nou, óf in die toekoms” verbied word.
Pauw het teruggekap: “Die EFF se eise herinner aan soortgelyke pogings, amper vyf jaar gelede, toe die destydse spioenbaas Arthur Fraser gedreig het om intelligensiewetgewing te gebruik om The President’s Keepers van die rakke af te verwyder.”
The President’s Keepers, wat in 2017 gepubliseer is, het lig gewerp op die beweerde misdade wat Jacob Zuma se bondgenote namens sy regering gepleeg het terwyl hy president was. Die Staatsveiligheidsagentskap het destyds in ‘n brief aangedring dat publikasie van die boek onmiddellik beëindig word. Hierdie stap is deur verskeie anti-korrupsie-organisasies as sensuur gekritiseer.
Die EFF, wat met ‘n hoogsbekwame kommunikasie afdeling spog, het nog nie amptelik kommentaar oor die boek gelewer nie.
Selfs Malema, wat gereeld sy 3.6 miljoen volgers op Twitter vermaak, het nog nie ‘n woord getwiet nie
Hierbo: EFF leier Julius Malema