Buziwe Nocuze
Regdeur hul lewens is ‘n 42-jarige tweeling by gemeenskapsvergaderings geminag en stilgemaak, omdat hulle selfs op hierdie ouderdom steeds as “seuns” beskou is.
Hulle word nie as volwaardige mans geag nie, want die sibbes van Kaapstad het nog nooit die tradisionele Xhosa tradisie van die oorgang na manwees by ‘n inisiasieskool bygewoon nie.
Maar dit sal binnekort iets van die verlede wees, aangesien die Somagwaza Instituut ‘n veldtog begin het om fondse in te samel vir 10 seuns en mans om tydens die komende seisoen ‘n inisiasieskool by te woon.
Sikelela Zokufa, ‘n tradisionele chirurg en die instansie se woordvoerder, het namens die tweeling gesê hulle het hul ouers verloor toe hulle nog jonk was.
“Nadat hul ouers dood is, het hulle oorleef deur motors te was, en die geld wat hulle so verdien het was net genoeg om kos te koop,” het Zokufa gesê.
Om hul veiligheid te verseker het Zokufa aan Scrolla.Africa gevra om nie die tweeling se name bekend te maak voor die afloop van die proses nie.
“Dis erg. Hulle word afgesonder en as seuns beskou omdat hulle nog nie by die berg was nie.”
Die tweeling kannie eers seremonies bywoon nie, omdat mense op hul neersien en hulle as “bhuti” aanspreek – ‘n vernederende term om hul status in te vryf.
“Hulle verdien nie om so behandel te word nie, want as dit in hul hande was, sou hulle lankal ‘n inisiasieskool besoek het,” het hy gesê.
“Niks is meer van ‘n verleentheid as wanneer iemand jonger op jou neersien nie, net omdat hulle voor jou die inisiasieskool bygewoon het.”
Hy sê die Somagwaza Instituut vra enigiemand om te help met enigeiets wat benodig sal word tydens die seremonie.
“Dit kos ten minste R30,000 vir elke persoon om al die nodige dinge te doen,” het hy gesê.
Die tweeling gaan berg toe saam met agt mans wat soortgelyke uitdagings ervaar.
Die R30,000 sal onder meer die kostes dek van ‘n tradisionele chirurg, versorgers, kos en vervoer, sowel as ‘n skaap en ‘n bok vir die tuiskoms-seremonie.
Inwoner Pumzile Nteyi het gesê die mans staar groot uitdagings in die gesig, insluitend dat hul geen stem het wanneer groot besluite geneem word by familie en sosiale byeenkomste nie.
“Hul selfbeeld word aangetas, wat daartoe mag lei dat hulle nutteloos voel.”
Hierbo: Tradisionele chirurg Sikelela Zokufa is woordvoerder van die Somagazwa Instituut.
Foto: Verskaf