Busiswa prys mag van sosiale media om Afrika musikante die hoogtes in te stuur

Linda Ximba

Een van Suid-Afrika se hoofmeisies in Hollywood, Gqom-musikant Busisiwa Gqulu, het die krag van sosiale media geprys en gesê dit het baie Afrika kunstenaars se werk in die kollig geplaas.

Busisiwa se werk saam met bondgenote soos Young Stunna, Kamo Mphela, Sino Msolo en DBN Gogo, staan uit in die krities-bekroonde film Black Panther 2: Wakanda Forever.

Hul bydrae kan gehoor word op die liedjies “Love and Loyalty (Believe)” en “Jele”.

“Dit is ‘n yslike projek. Dis fantasties dat plaaslike kunstenaars so erken word,” het die Oos-Kaapse musikant oor die megatreffer Marvel-film gesê.

“Ek glo dit is grootliks te danke aan die mag van sosiale media dat ons werk so ver kon reik. Om in so ‘n groot rolprent te verskyn sal my profiel verbeter en ek beoog om als uit te haal om SA met styl te verteenwoordig.”

Wakanda Forever is die opvolgfliek van Black Panther – Marvel se eerste superheldsage met ‘n oorwegend swart rolverdeling, met vertonings deur Michael B. Jordan, Lupita Nyong’o en die wyle, wonderlike Chadwick Boseman.

Soos met die eerste rolprent, is Wakanda Forever se klankbaan ‘n viering van swart musiekgenres, met meer as 40 internasionale kunstenaars wie se bydraes in Lagos, Nigerië, Mexikostad, Londen en Los Angeles opgeneem is.

Die klankbaan begin met sy grootste kragtoer: ‘n terugkeer na musiek deur die miljardêr kosmetiek entrepreneur en Grammy wenner, Rihanna.

Ander kunstenaars sluit in Tems, Burna Boy, Fireboy DML en E-40.

Hierbo: Gqom-musikant Busiswa Gqulu

Beeldbron: City Press

Videobron: Youtube