Zukile Majova
Julius Malema en die EFF werk nou al jare lank aan ‘n strategie om die stert te word wat die brak swaai.
Verswak die ANC tot so ‘n mate dat hy nie sonder ‘n politieke koningmaker kan regeer nie.
Met 10.8% van stemme landwyd is die EFF nou ‘n magsmakelaar wat kan besluit wie van die DA of ANC die leiding sal neem in Gauteng se hoofmetro’s – Jo’burg, Tshwane en Ekurhuleni.
Die ANC loop die risiko om ná die nasionale algemene verkiesing van 2024 nie ‘n meerderheid in Gauteng te verkry nie, wat die EFF ‘n belangrike politieke bondgenoot maak om bestuur van die provinsie deur ‘n ANC/EFF-koalisie te waarborg.
Malema weet sy party is nog lank nie aantreklik genoeg vir kiesers om ‘n munisipaliteit in te palm nie, wat nog te sê ’n multibiljoenrandse metroraad.
Maar as hy sy kaarte mooi speel, sal die EFF óf Tshwane, Ekurhuleni óf Mogale City regeer.
Sputla Ramokgopa, lid van die Gautengse ANC se uitvoerende komitee, het op ‘n vergadering van die regerende party in die provinsie gesê die verlies van mag in Gauteng sal die party jaarliks meer as R350 biljoen uit die sak jaag.
Hy het verwys na die R149 biljoen van Gauteng se provinsiale regering, R77 biljoen van die Johannesburg Metro, R51 biljoen van Ekurhuleni, en R45 biljoen van Tshwane.
“Die ANC het toegang tot R350 biljoen per jaar tot sy beskikking gehad. Ons maak 33% van die BBP van hierdie land uit,” het Ramokgopa gesê..
So lank gelede as 2019 het Malema gesê: “Ná die verkiesings gaan ons deel uitmaak van die regering. Ons sal op Joburg se burgemeersterskomitee dien; ons gaan burgemeester wees in Tshwane.”
Die EFF het destyds probeer om sy bepalings aan die DA voor te skryf.
Snel voort na 2022, toe die EFF soortgelyke eise aan Panyaza Lesufi, ANC Gauteng voorsitter, stel: volledige beheer van die R51 biljoen Ekurhuleni raad in ruil vir Johannesburg en Tshwane.
Ekurhuleni ANC streeksvoorsitte, Mzwandile Masina, wat die ANC/EFF ooreenkoms gekelder het, staan nou tereg op ernstige aanklagte, insluitend dat hy die party in oneer gebring het.
Sy “onbeholpenheid” en afsmeer aan die Provinsiale Uitvoerende Komitee se instruksies, het die mag in Ekurhuleni teruggegee aan DA burgemeester Tania Campbell.
Alles dui nou daarop dat die ANC hul aan Malema se eise sal onderwerp. Die ANC/EFF koalisie sal sy verskille uitstryk en ‘n proses begin om DA-geleide koalisies in al Gauteng se metro’s te verwyder.
Op die ou end gaan Malema sy sin kry.