Black Panther verskuif kollig na kontinent se top talent

Met liefde uit Limpopo: Thabiso Sekhula sê dat Black Panther, waarvan die opvolgfliek Vrydag die silwerdoek getref het, die weg gebaan het vir swart talent om te gedy, en die wêreld se agting van Afrikane verhef.

Black Panther 2 het op Vrydag 11 November in die wêreldwye kollig geskitter. Die eerste Black Panther fliek was ‘n yslike treffer en trotse oomblik vir Afrika.

‘n Swart rolverdeling van hoek tot kant, ‘n Hollywood trefferklankbaan met vier kunstenaars van Afrika, ‘n land so tegnologies gevorderd dat dit ons wêreld agterweë laat. Dit mag fiktief wees, maar wat Black Panther geïnspireer het is baie werklik.

Dit het swart en Afrika talent in hoofrolle ten toon gestel, as skurke, helde, ingewikkeld en kragtig. Die regisseur, 36-jarige Ryan Cogler, het reeds vier NAACP Image toekennings, vier Black Reel toekennings en ‘n Oscar benoeming vir beste rolprent ontvang, en het al twee Marvel films geregisseer.

Voor Black Panther was die handjievol rolprente met ‘n meer as 50% swart rolverdeling propvol stryd, slawerny of misdaad.

Black Panther is die verandering in narratief wat ‘n groot rol speel om internasionale deure oop te maak vir Afrika-talent. As helde, liefdesbelangstellings, vlieëniers, dokters, en veral as hoofspelers in globale produksies.

Hollywood het histories net een Afrikaan op ‘n slag aangevat. Na Black Panther dra die wêreld Afrika se kreatiewe room op die hande. En dit in dieselfde produksies wat die ou TV mites, dat jy nie te veel swart karakters kan hê sonder om die reeks se reikwydte te beperk nie, verkeerd bewys.

Die Black Panther verskynsel het afgeskop met ‘n $202 miljoen naweek, voordat dit $1.3 biljoen wêreldwyd verdien het. Dit het verskeie Oscar benoemings en ondersteuning ontvang van rasse reg rondom die aardbol. Omdat kwaliteit inhoud nie aan kleur verbonde is nie, kan talent stereotipes verpletter.

Wat ‘n pragtige huldeblyk en ode aan Chadwick Boseman, die ewige Black Panther, die verpersoonliking van uitnemendheid en ‘n legende wat jong swart, wit en selfs Meksikaanse kinders laat aantrek het as Koning T’challa vir Halloween. Hoenou?!

Mzansi liefling Thuso Mbedu het ‘n groot rol in die Hollywood aksiefilm, The Woman King, losgeslaan. Nog ‘n Afrika-geïnspireerde fliek wat bevestig dat daar geen kwota vir swart superhelde in TV en flieks is nie.

En in 2019 het Zozibini Tunzi die gesogte Mej Heelal-titel gewen met haar hare so natuurlik as by geboorte – bewys dat ‘n wêreldstandaard van Afrika-skoonheid in al sy natuurlike glorie goed genoeg is vir die hoogste eerbewys.

Wêreldberoemde superster Beyonce Knowles het 12 Afrika musikante vertoon in die Lion King se hervervaardigde klankbaan getiteld Black is King. Die kunstenaars sluit in Suid-Afrika se Busiswa en Moonchild Sanelly, Nigerië se Tiwa Savage, Wizkid en Yemi Alade, en Grammy-bekroonde Maliese Wassoulou-musikant, Oumou Sangaré.

Lupita Nyong’o het ‘n netto waarde van $10 miljoen; die Keniaanse rolprentster Edi Gathegi het in flieks soos Twilight en X Men First Class gespeel en is $3 miljoen werd. Die Nigeriese aktrise Carmen Elizabeth Ejogo is $4 miljoen dollar werd en het in The Avengers verskyn.

En as ons na sterre soos Thuso Mbedu kyk, raak die toekoms net blinker vir Afrika talent.

Hierbo: Mej Suid-Afrika by die première

Fotobron: Miss SA se Instagram