Wapen teen kop dwing bestuurder om eie winkel te help stroop

Everson Luhanga

Vir byna ses ure lank het Clinton Howell hulpeloos moes toekyk terwyl ‘n gewapende bende van sowat 25 mans hom gevange gehou, en toe die besigheid wat hy bestuur, beroof het.

Howell het gesê hy was op nagskof saam met twee van sy werknemers toe ‘n groep gewapende mans by sy winkel ingestorm het.

Hy sê eerstens is een van sy werknemers na die toilet toe gebied deur ‘n man wat ‘n pistool op hom gerig het.

Klomp ander mense het toe ingekom, en een van hulle het na Howell gemik met sy AK-47, vertel hy.

Hy sê die rowers het hul opwagting in drie vragmotors gemaak. Hulle het sy hande en voete vasgebind en ook dié van sy twee werknemers.

Hulle moes op die vloer sit, waar ‘n paar van die gewapende mans hul dopgehou het.

Howell sê drie ure na die aanvang van hul ontberinge, het die rowers teruggekeer. Hulle is losgemaak en die diewe het daarop aangedring dat hul hand bysit om die suikerbone – wat op die vloer uitgepak is – in hul vragmotors en ander voertuie te laai.

“Dit was pynlik om te sien hoe die voorraad gesteel word, maar ons het geen keuse gehad nie, want die mans se gewere was vir byna ses ure lank op ons gerig terwyl ons hulle moes help om al die voorraad wat vroeër daardie dag afgelewer is, te verwyder.

“Die ervaring het my erg ontstel en ek het sedertdien nog nie weer vir nagskof kans gesien nie,” het Howell gesê.

Hy vertel dat die suikerbone ingevoer word van Zimbabwe, en dat die vars voorraad vroeër daardie dag afgelewer is.

“Mens moet wonder hoe hulle daarvan geweet het. Die bone is omstreeks 4nm afgelewer en hulle het ons rondom 8nm kom beroof.”

Clinton se besigheid is geleë slegs meters weg van waar ‘n bende van meer as 20 mans Donderdag verskeie besighede in Tulisa Park in Johannesburg geteiken en ingeval het.

Tydens Donderdag se rooftog het van die verdagtes deur sy perseel beweeg om van die polisie te ontsnap.

Die hoof van sekuriteit by die perseel, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het gesê sulke misdade het al voorheen hier plaasgevind.

“Hierdie mense doen niks blindelings nie. Hulle is goed georganiseer en het kontakte. Verder is hulle ook swaar gewapen,” het hy gesê.

Hierbo: Clinton Howell

Foto: voorsien