Reuse renosterbeeld gebruik bose stroperstrikke ten bes

Nkhensani Mthombeni

Kunstenaar en natuurbewaarder Conraad de Rosner het honderde van die strikke wat stropers gebruik om renosters mee af te maai in ‘n reuse beeldhouwerk omskep.

Spiese, kabels en drade wat De Rosner die afgelope vyf jaar tydens stroper patrollies versamel het vorm ook deel van die kunswerk.

De Rosner is die direkteur van K9 Conservation – ‘n blits reaksie eenheid en vrywilligersprogram wat stropery beveg. Hy sê dit het meer as 140,000 veldwagter-ure in die natuur vereis om die materiaal te vind en versamel.

Die beeld is 1.8 meter hoog en meer as 5 meter lank, maar is steeds ‘n kunswerk in wording. De Rosner sê wanneer dit voltooi is, sal dit meer as 2 meter hoog wees.

“Die idee om die kunswerk te skep het ontstaan toe ek afgekom het op ‘n hoop van duisende strikke,” het hy aan Scrolla.Africa gesê.

“Ek het myself afgevra: ‘Hoekom nie iets betekenisvol skep met hierdie drade nie?’ Ek het dadelik besluit dat ‘n renosterbeeld perfek sou werk. Sodra dit voltooi is hoop ek om dit te verkoop, en wil hê dit moet uitgestal word waar baie mense dit kan bekyk en herinner word aan hierdie diere se lot.”

De Rosner het hulde gebring aan die veldwagters wat stropers se lokvalle buite werking stel, en so renosters se lewens te red.

“Ons wil ook die uitnemendheid en toewyding uitlig van veldwagters wat hierdie strikke op ‘n daaglikse basis versamel,” het hy gesê.

Die geld uit die beeld se verkoop gemaak sal gebruik word om toerusting te bekom wat stropery beveg, het hy gesê.

De Rosner is van jongs af lief vir renosters en ander diere, aangesien sy gesin twee wildreservate in Zoeloeland en Mpumalanga besit het.

Hy het op 19-jarige ouderdom besluit om ‘n wildbewaarder te word. In 2011 het hy K9 Conservation gestig, wat die beskerming van diere op verskeie wildplase behartig. K9 werk ook nou saam met wildmisdaadintelligensie.

“Gelukkig het ons deur die jare daarin geslaag om baie stropers in hegtenis te neem, beide binne en buite wildreservate en selfs in dorpies,” het hy gesê.

Die beeld pryk tans voor K9 Conservation se hoofkantoor buite Hoedspruit in Limpopo.

Hierbo: Die reuse renosterbeeld