Everson Luhanga
Dit was eens ‘n sokkerveld in Tembisa waar oud en jonk bymekaargekom het om te oefen, te speel, en die beeldskone spel te kyk.
Oor naweke het dit gegons van die vuvuzelas en die brul van jillende ondersteuners.
Maar daai dae is verby.
Wat voorheen ‘n geliefde sokkerveld in die Kopanong-afdeling van die Gautengse township was, is nou in ‘n plakkerskamp omskep.
Party shacks is op die veld se middelsirkel opgerig, party in die strafdoel vierkant, en nog ander buite die veld se grenslyn, asof hulle daarvandaan hul span ondersteun.
Inwoners sê hulle het die grond beset aangesien dit aanvanklik vir ontwikkeling bestem was, en beweer hulle het die korrekte prosesse gevolg om blyreg te verkry.
Gemeenskapsleier Tshepo Chidi het Scrolla.Africa by die nuwe nedersetting te woord gestaan, en gesê hy en 69 andere struwel al sedert 2016 om die grond te bekom.
“Dit is nie ‘n onwettige besetting nie. Dit gaan oor mense wat nie blyplek het nie, en wat sedert 1994 op die regering se RDP-behuising waglys is,” het Chidi gesê.
“Ons is hier want ons is gemagtig om die grond te beset. Dit was ‘n oop stuk regeringsgrond wat ons wettiglik oorgeneem het.”
Hy sê niemand besit die veld nie.
“Een man het pale gehad, die ander een ‘n net, en ‘n derde persoon het die lyne geverf. Hulle is almal betaal vir dit wat hulle na die oop ruimte toe gebring het,” het hy gesê.
Chidi het gesê die leierskap is in besit van ‘n hofinterdik wat enigiemand verbied om hulle te verwyder of uit te sit.
“Dit is die tweede interdik wat die hof aan ons gegee het. Dit verbied enigiemand om op te tree om ons onwettig en met geweld te verwyder.”
Hy het vir Scrolla.Africa die hofstukke gewys.
Nog ‘n gemeenskapsleier, Rendani Ravhanga, het gesê die eerste hofinterdik het nie die owerhede, onder leiding van Ekurhuleni Metro Polisie amptenare, daarvan weerhou om hulle te verwyder nie.
Oor die afgelope twee jaar het die amptenare hul strukture meer as ses keer afgebreek en verwyder.
“Mense het gelag wanneer die polisie ons blyplekke vernietig het, maar ons is nou gelukkig want die land se hoogste hof beskerm ons teen teistering en verleentheid. Ons sal nie uitgestoot word nie,” het hy gesê.
Phuti Mashala het gesê hy was in al die kantore om hul bewoning van die grond te verseker, en hulle is bly dat dit uiteindelik in hul hande is.
“Mense sal darem ordentlike huise hê. Soos jy kan sien, is dit oumense wat vir ewig gewag het net om ‘n stukkie grond te kry om ‘n huis te bou,” het hy gesê.
Hierbo: Die shacks wat die sokkerveld beset
Beeldbron: Everson Luhanga