ANC presidensiële ‘seunsklub’ nie vir vroue beskore

By Lungani Zungu

Net meer as ‘n maand voor die ANC se verkiesingskonferensie kragmeting van 16 tot 20 Desember, is daar maar min hoop vir vroulike presidensiële kandidate.

Die veldtogte van Dr Nkosazana Dlamini-Zuma en Lindiwe Sisulu slaag beswaarlik daarin om stoom op te bou.

Beide Dlamini-Zuma en Sisulu is senior lede van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) – die ANC se hoogste besluitnemingsliggaam tussen konferensies.

Terwyl hul veldtogte blykbaar min momentum vertoon, is dié van voormalige Gesondheidsminister, Dr Zweli Mkhize, en President Cyril Ramaphosa – wat vir ‘n tweede termyn staan – reeds op hoë spoed.

Ramaphosa is onder meer deur die Oos-Kaap, Gauteng en Mpumalanga provinsies benoem, terwyl Mkhize die ondersteuning vir hoogste sport van sy volgelinge in KZN geniet. Hy was hierdie provinsie se Premier van 2009 tot 2013.

As adjunkpresident het KZN die tesourier-generaal Paul Mashatile gekies – kantoorbestuurder van die party se sekretaris-generaal. Hierdie is weliswaar die party se enjinkamer, en sy posisie maak van hom die magtigste figuur in die ANC vandag.

Hy het oorgeneem as waarnemende sekretaris-generaal ná die skorsing van Ace Magashule in Mei verlede jaar.

Sedert sy stigting 110 jaar gelede is die ANC, wat sy “nie-seksisme” met trots verklaar, nog nooit deur ‘n vrou gelei nie.

Dlamini-Zuma het egter in 2017 naby gekom aan geskiedenis maak toe sy slegs 179 stemme minder gekry het as Ramaphosa, wat toe die waterskeidingskonferensie gewen het.

Dlamini-Zuma het nie daarin kon slaag om ‘n nominasie van KZN – die grootste in terme van getalle – te verkry nie.

Mkhize se bod vir die presidentskap het ‘n hupstoot ontvang nadat die ANC Jeugliga se nasionale taakspan hom aangewys het as voorkeurkandidaat om ‘n gebroke ANC weer heel te maak.

Van die 40 stemme wat uitgebring is, het Mkhize 19 gekry, terwyl Ramaphosa 17 en Dlamini-Zuma net vier stemme gekry het.

Wat bydra om soveel op die spel te sit, is dat enige persoon wat as ANC president verkies sou word, ‘n haarbreedte verwyder sal wees van die land se presidentskap, indien die party die nasionale verkiesing van 2024 wen.

Sommige lede van die ANC binnekring sê nou dat Dlamini-Zuma en Sisulu waarskynlik hul kragte sal saamspan, met Sisulu wat voor Desember Dlamini-Zuma se adjunk sal word.

Dinsdag 8 November is die laaste dag waarop al die takke hul nominasielyste vir die top ses posisies mag indien.

Dit blyk dat dit ‘n wonderwerk in die kleine sal verg vir die gety om in die vroulike presidensiële kandidate se guns te draai, as die huidige magsbalans enigiets is om dit op te skoei.

Hierbo: Nkosazana Dlamini-Zuma en Lindiwe Sisulu

Bron: @DlaminiZuma