Saffers slyp hulle tande vir naweke pornvol genot

Suid-Afrikaners is mal daaroor om oor naweke met pornografie om te gaan.

’n Onlangse studie het ‘n toename in pornoverbruik getoon op Vrydae en Saterdae.

Suid-Afrika was nog altyd hoog op die lys van lande wat pornografie geniet, en het 24ste plek in die wêreld behaal in 2019 – die laaste jaar waarvoor statistieke deur Pornhub beskikbaar gestel is.

Wits Universiteit dosent Dr Yolo Koba het egter besluit om dieper in Suid-Afrikaners se voorliefde vir pornografie te delf.

Koba se aanlyn-opname is deur ongeveer 700 mense beantwoord, en hy het 19 uur spandeer om onderhoude te voer met 25 mense oor hul porno-gewoontes, aldus Business Insider.

‘n 22-Jarige veiligheidswag van KwaZulu-Natal het gesê hy gebruik pornografie om die dames wat oor die naweek by hom kuier, “op te warm”.

“Pornografie neem mens eintlik na ‘n ander dimensie toe. Ek sit dit aan, en ignoreer haar vir eers. Ek doen my ding, dan’s dit ‘n uitgemaakte saak: wanneer ek terugkom, word haar wêreld verander, want sy sal lus wees vir raak en vat. Dis hoekom pornografie ‘n baie ernstige rol in my lewe speel,” het hy verduidelik.

Langtermyn paartjies sien ook groot sin in pornografie.

’n 25-Jarige vrou het aan Koba gesê haar besluit om saam met haar maat pornografie te kyk “hang af van hoe avontuurlustig [hulle] daardie dag wil wees” en hoeveel tyd hulle het.

“Soms wil ons liefde maak maar, my ou, ons moet sesuur in die oggend opstaan,” het sy gesê.

“So dan’s dit 15 minute in en uit, almal is gelukkig, ko’s gaan slaap. Dan weer is daar die lang Saterdagaandsessie: Lekker, ons kan vir ure aanhou, en ons kan verken en speel en allerhande goed.”

Sommige Suid-Afrikaners gebruik pornografie om stres te verlig, hetsy van hul werk… of hul maat!

Koba sê pornografie maak Suid-Afrikaners gelukkig.

“Pornografie is beide ‘n plesier en ‘n funksie – miskien plesier met ‘n funksie,” het hy gesê.

“Pornografie word verbruik om beter te slaap, om stres te verlig, om gelukkiger te voel, om verveling af te weer, en om ‘lewendig’ te voel.”

Saamgestel deur Dylan Bettencourt

Beeldbron: @AdobeStock