Lucky Maree
Moet tog nie soek vir ‘n fluweelhandskoen wanneer die Springbokke Saterdagaand vir Ierland in Dublin se Aviva Stadion die stryd aansê nie.
Die gedugte Nieu-Seelandse haker en kaptein Sean Fitzpatrick is daarvoor bekend dat, wanneer die All Blacks verloor het, hy nooit die spelers met trooswoorde gepaai het nie.
“Ek het hulle kamer toe gestuur en beveel om te fokus op hoe hul voel op daai einste oomblik,” het hy gesê.
“Ek wou hê hulle moet onthou presies hoe naar nederlaag mens maak, en hulself herinner dat hulle nooit weer so wil voel nie.”
Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager, Jesse Kriel en Damian de Allende hoef nie herinner te word aan daardie wedstryd op 11 November 2017 nie. Hulle was deel van die Springbokspan toe Ierland Suid-Afrika met 38-3 geklop het. Dit was natuurlik Pieter de Villiers wat die Bokke na hierdie slagting gelei het – nie die ou wat jy as voorbok wil hê wanneer jy teen ‘n opgewerkte Ierse span in Dublin te staan kom nie. Maar hierdie spelers onthou daai dag soos gister.
Aan die Ierland kant is dit nog nooit heeltemal uitgeklaar hoekom Warren Gatland vir Johnny Sexton uitgelaat het by die Britse en Ierse Leeus-span wat in 2021 na Suid-Afrika getoer het nie. Terwyl Dan Biggar beslis ‘n goeie keuse was, is daar geen twyfel dat ‘n man van Johnny Sexton se statuur (en reusagtige ego) ‘n punt sal wil bewys nie.
Voeg Cheslin Kolbe by die bestanddele, en jy’t buskruit wat maar die geringste vonk benodig vir ‘n massiewe ontploffing.
Sexton is omtrent so emosioneel soos ‘n baksteen en buk dus nie maklik onder druk nie, maar as hy doen, sal dit skouspelagtig wees.
Die Suid-Afrikaanse losvoorspelers sal hom skerp dophou (om dit so te stel), en hy mag dit dalk moeilik vind om té beweeglik te wees.
Natuurlik, wanneer dit by bedreigings kom, kan die mees verwoestende wapen ewe doeltreffend wees of hy nou gebruik word of te nie, en dit sal ‘n fout wees om alle aandag op Sexton te fokus. Hy sal heel waarskynlik die bal na sy agterlyn toe speel, veral vroeg in die geveg, maar hiervan sal Erasmus en Nienaber hoogsbewus wees.
O, en moenie Rassie Erasmus se invloed onderskat nie. Sy teenwoordigheid is reeds positief en nog daarby is hy ‘n opperste strateeg. Jy kan hom min vertel van oog op die prys hou.
“Natuurlik is die Wêreldbeker-toernooi die hoofdoelwit,” sê hy heeltyd.
Ja, ja, Rassie. Jy dink sekerlik nie jy gaan enigeiemand flous om te aanvaar dat hierdie wedstryd nie vir jou saak maak nie. Dit maak saak – meers so as enige wedstryd sedert die 2019 Wêreldbeker-eindstryd.
Maar die uitkoms word dalk steeds deur die heelal bepaal. Maak nie saak hoeveel die Suid-Afrikaanse afrigters en spelers die weer as onbenullig afmaak nie, dit gaan ‘n yslike faktor wees. Die voorbeelde gedy, soos gesien tydens die laaste paar weke van die URC, met Suid-Afrikaanse spelers wat sukkel in die koue, nat Europese toestande en veral in Ierland – en die naweek se weervoorspelling lyk treurig.
Mag die beste span wen. . . solank dit die Bokke is!
Beeldbron: @TheNewYorkTimes