Steyn het nog ‘n groot appel met New York Marathon te skil

Thathe Msimango

Suid-Afrikaanse langasem Gerda Steyn sal Sondag weer eens die New York Marathon aanpak, en hoop om een van die gesogte podiumplekke te behaal.

Die 42.195km-roete neem hardlopers deur New York-stad se vyf distrikte, met die wegspring op Staten Island en wenlint by Tavern on the Green in die ‘Groot Appel’ se beroemde Central Park.

Steyn het in 2019 ‘n opspraakwekkende tyd van 2:27:48 in dieselfde wedren behaal en 11de geëindig, wat beteken sy’t die podium met slegs een plek misgeloop.

Steyn, wat vanjaar haar héél beste voetjie voorsit en die Two Oceans se baanrekord met ‘n tyd van 3:29:42 verbrysel het, hoop om hierdie uitnemende prestasie in die lanings van Central Park te herhaal.

“Om hierdie jaar terug te keer New York Marathon toe is iets waarop ek my hart gehad het. Verskeie faktore verbind my met hierdie wedloop, want ek het reeds twee keer so byna die top 10 behaal,” sê Steyn, wat met ‘n 13de plek tevrede moes wees in die 2018 marathon.

“Ek dink ek het baie gegroei as atleet sedert ek laas aan die wedloop deelgeneem het. Al die prestasies wat my loopbaan sover opgelewer het, is aan harde werk te dankie. Ek beplan om die spoed aan te draai in vanjaar se marathon – die strawwe mededinging sal my tot groot hoogtes aanspoor. In New York sal ek teen top vroulike hardlopers meeding.”

Steyn, wat die 2019 Comrades Marathon in ‘n bult-op rekordtyd van 5:58:53 gewen het, kan strawwe mededinging verwag van tweemalige wêreld-halfmarathon kampioen Peres Jepchirchir – die enigste atleet van enige gender wat die Olimpiese, Nuwe York, en Boston marathons gewen het.

Sy is ook die vyfde-vinnigste vrou in die geskiedenis, nadat sy skoonskip gemaak het by die 2020 Valencia Marathon met ‘n tyd van 2:17:16. Dit maak haar die blitsigste deelnemer aan die vrouewedloop in New York. Wêreldlandloopkampioen en tweemalige 5,000m wêreldkampioen Hellen Obiri maak haar marathon debuut.

Hierbo: Gerda Steyn

Beeldbron: @DailyMaverick