Songeziwe Mapukata
Die Covid-19 inspuiting wat veronderstel was om 14-jarige Yamkela Seplane te beskerm teen ernstig siekword, sou die koronavirus haar besmet, het ‘n seldsame beensiekte onthul wat die tiener nou dwing het om haar skoolloopbaan op te skort.
Sy voel soos ‘n gevangene in haar eie huis, en kannie meer na skool met haar maats speel nie.
Na 12 maande se behandeling deur dokters, meen kenners sy het ‘n voorafbestaande beenkanker onder lede gehad, wat met onderontwikkeling van gebeentes geassosieer word.
Haar beproewing het op 25 November 2021 begin, toe die Departement van Gesondheid haar skool, Shawbury Hoër in Qumbu in die Oos-Kaap, besoek het om leerders in te ent.
Daardie selfde middag het haar arm begin opswel.
Haar tante Nombuyekezo Seplane het aan Scrolla.Africa gesê Yamkela ervaar ondraaglike pyn, wat beteken dat sy nou die moontlikheid in die oë staar om die arm te verloor.
“Sy sê sy wil haar arm prysgee sodat sy volgende jaar kan terugkeer skool toe,” het Nombuyekezo gesê.
Dokters by die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal in Mthatha het haar op hul amputasielys vir later vandeesmaand.
Maar ‘n span dokters verbonde aan die Onkologie Eenheid by St Frere Hospitaal in Oos-Londen het haar op chemoterapie geplaas in hul hoop om die kankerselle te beveg.
Petros Majola, ‘n kinderregte-aktivis van die Khula Gemeenskapsprojek wat nou as gesinswoordvoerder optree, het gesê: “Die dokters assosieer nie die swelling direk met die entstof nie, want op grond van hul ervaring was daar nog nooit so ‘n geval enige plek ter wêreld, waar iemand ingeënt is en toe hierdie reaksie getoon het, nie.”
Nombuyekezo sê Yamkela sukkel nou om haar gunsteling rokke te dra en moet maar frokkie-agtige klere kies.
“Vir ons as gesin is dit ‘n onaangename, ondraaglike ervaring, ook as gevolg van die verantwoordelikheid wat dit op ons plaas. Ons het geen vorm van berading ontvang om ons te help voorberei vir wat wag (Yamkela se amputasie) nie.”
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê nadelige reaksies op inentings is baie skaars, en moet veral aangemeld word wanneer dit tot hospitalisasie lei.