Voorvaders, miershope en ander vergange geheime

Met liefde uit Limpopo: Thabiso Sekula volg die voorvaders in ‘n gewyde reis van genesing

Sou jy my glo as ek jou vertel daar’s ‘n fontein van ewige jeug in Limpopo, wat reeds vir eeue gebruik word om mense te genees?

Giyani se warmwaterbronne bly dieselfde temperatuur regdeur die jaar.

Dieselfde fonteine ​​spoel sout af in die Klein Letaba Rivier, waar vroue die tegniek van soutmynbou vir meer as 2,000 jaar reeds van ouma na ma na dogter toe oorgedra. So word die kultuur bewaak en die verhaal oorvertel van die helende Ka-Mkhulu fonteine ​​in Baleni.

Slegs vroue mag die sout myn, en voordat enige vreemdeling die terrein betree, moet ‘n aankondiging gemaak word om die voorvaders in te lig dat daar besoekers in hul heilige ruimte is.

Op menige dag sal jy mense met hul twee-liter bottels gewaar wat water uit die fonteine ​​tap. Die water word gebruik vir die dokter van maagkwale, vir skoonmaak, en vir voorspoed. En hierdie genesende bronne is nie die enigste in Limpopo se natuurskat wat jeug en gesondheid bied nie.

Die Venda-armbande genaamd makunda word reeds vir duisende jare gebruik om spierpyne te genees. Die armbande word gemaak van verskillende kosbare materiale wat genees na aanleiding van die metaal wat gebruik word. Die mees algemene armbande deesdae is van silwer gemaak.

Koperarmbande, weer, word spesifiek gebruik om gewrigbeserings en pyne te genees. Hierdie mineraal toor met energie: as hoogs effektiewe geleier help dit met die vrystelling van oortollige lading en trek positiewe vibrasies na jou liggaam toe aan.

In die antieke stad Mapungubwe was die armbande van goud gemaak – die kosbaarste van materiale, wat in die stad gesmelt en verhandel is. Daar word ook geglo dat die armbande jou verbind met hoër vlakke van geestelikheid, en help met die handhawing van balans. Onder die armbande se vele sosiale gebruike tel verlowingsgeskenke vir nuwe paartjies.

En as jy wifi benodig wat jou reguit met jou voorouers verbind, dan het Limpopo ‘n direkte lyn!

Miershope is nog altyd gebruik om met voorouers in aanraking te bly, sonder die nodigheid vir ‘n bemiddelaar. Miershope is waarheen jy jou wend as jy weer naby wil voel aan mense wat jy liefgehad en verloor het, en met hulle wil kommunikeer.

Die maroelaboom word ook beskou as ‘n wonderlike medium om die fisiese wêreld met die geestelike te verbind.

In die Blouberg-streek is instruksies op kranse geëts deur die Khoi, San en Bapedi wat vroeër daar gewoon het. Hierdie instruksies is die werk van sjamane wie verduidelik het hoe om sekere algemene kwale op eenvoudige natuurlike maniere te genees. Daar is vertel hoe om meisies tydens hul vrouword te versorg, raad oor natuurlike ingryping tydens moeilike swangerskappe, en rate om kindersiektes te genees.

En as jy ooit tydens ‘n staptog in die berge op die kruising van twee strome afkom, drink beslis van die water daar waar dit kruis, want dan sal jy ryklik geseën word.

Hierbo: Die skrywer maak ‘n berg van ‘n miershoop

Foto: Paul Paunde