Buziwe Nocuze
Daar moes kliniek toe gejaag word met leerders van ‘n skool in Grabou, naby Kaapstad, nadat hulle siek geword het toe hul lekkers geëet het wat by ‘n skoolmaat gekoop is.
Teen Donderdag het nog ‘n groep leerders wat die lekkers gekoop het, gesê hulle voel ook siek en is deur ambulanse opgelaai.
Altesaam 30 kinders van Umyezo Wama Apile Laerskool het gekla dat hulle duiselig voel. Sommige het ook hoofpyn en maagpyn gehad.
Zukiswa Mthembeni, ‘n 45-jarige ouer, het ‘n oproep van die skool af ontvang terwyl sy by die werk was. “Ek het geweet iets is nie lekker nie. Ek het paniekerig geraak voordat ek nog die foon geantwoord het,” het sy gesê.
Sy is gevra om skool toe te kom.
“Daar is nie veel tydens die oproep gesê nie, behalwe dat my kind siek was nadat sy lekkers geëet het. Ek het na die skool toe gejaag, maar kon haar nie kry nie omdat sy saam met ander leerders hospitaal toe vervoer is,” het sy gesê.
By die kliniek was die kinders in trane, en party konnie eers hul oë oopmaak nie, kreunend van die pyn.
“Ons het verneem dat hulle R2 vir daardie lekkers betaal het, en nou wonder ons hoekom hulle siek gevoel het nadat hulle dit geëet het,” het Mthembeni gesê.
Nog ‘n ouer het aan Scrolla.Africa gesê die onderwysers het aan die kind wie die lekkers verkoop het gevra waar dit vandaan kom.
“Sy het dit by ‘n buurvrou gekry, wie haar gevra het om dit by die skool te verkoop,” het die ouer gesê.
Ouers het by die hospitaal gewag totdat die dokters toetse op hul kinders gedoen het. Hulle is glo meegedeel dat die kinders vir hoofpyn en maagpyn behandel is.
“Ons het baie vrae, maar sal volgende week aandag gee aan daardie kwessies. Ons wil eers weet wat die leerder toegelaat is om binne die skoolterrein te verkoop,” het een ouer gesê.
Die ouers het verduidelik dat hulle onder die indruk was dat leerders verbied word om enigiets op die skoolgronde te verkoop.
Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, het gesê ongeveer 30 kinders het blykbaar siek geword nadat hulle lekkers geëet het wat na bewering deur ‘n ander leerder skool toe gebring is.
“Die leerders is daardie dag uit die mediese fasiliteit ontslaan, en ons wag vir uitslae van die bloedtoetse, wat hopelik sal onthul wat die reaksie veroorsaak het,” het hy gesê.
Die voorval word ondersoek.
Hierbo: Die slegte lekkers
Beeldbron: Verskaf