Lungani Zungu
EFF-leier Juliua Malema is voor in die koor van diegene wie eis dat President Cyril Ramaphosa bedank oor die brandende Phala Phala-debakel.
Maar laas Vrydag het die twee leiers in mekaar vasgeloop, soos ou vrinne omhels, en ‘n ligte oomblik gedeel tydens die inhuldiging van Lesotho se Eerste Minister, Sam Matekane.
In ‘n video wat aanlyn verskyn het, kan gehoor word hoe Ramaphosa vir Malema sê dat hy hom opdraand gee.
Malema bars toe uit van die lag en sê: “Ons is in opposisie.”
Ramaphosa sukkel steeds om die Phala Phala-vuur te blus – ‘n skandaal oor die diefstal van ‘n beweerde $4 miljoen-plus by sy Phala Phala-plaas in Limpopo, wat nie by die polisie òf belastingowerhede aangemeld is nie.
Hierbo: President Cyril Ramaphosa gee vir Julius Malema ‘n stywe druk
Beeldbron: @EFFSouthAfrica