Daai genotknoppie selfs meer guitig as voorheen vermoed

Die klitoris is die enigste menslike orgaan met ‘n enkele doel voor oë: om plesier te verskaf. En watter genot gee dit nie! 

Die Verenigde Koningkryk se Daily News berig dat navorsers van Oregon Health & Science Universiteit ontdek het die klitoris is selfs meer sensitief is as wat ons vermoed het.

Hul bevindings dui daarop dat die piepklein orgaan meer as 10,000 senuweevesels bevat – 20 persent meer as wat voorheen geskat is.

“Dit is verbysterend om te dink dat meer as 10,000 senuweevesels in iets so klein soos ‘n klitoris vervat is,” sê die studie se hoofskrywer, Dr Blair Peters.

Die klitoris bestaan ​​uit senuwees wat elektriese impulse tussen die brein en die res van die liggaam vervoer, wat vroue in staat stel om te voel en op aanraking te reageer.

Wat baie mense – veral mans – nie besef nie, is dat hoewel die punt van die klitoris buite die liggaam gevind word, ‘n groot deel van die orgaan intern geleë is.

Vorige studies op diere het beweer dat die klitoris ongeveer 8,000 senuweevesels bevat.

Maar in die nuwe studie het navorsers hul daarop toegespits om te bepaal of hierdie telling akkuraat is wanneer dit by mense kom…

Volgende aan die beurt is die span se bestudering van senuweeveseltalle in die punt van die penis – wat, as jy dit nie wis nie, vir mans plesier verskaf.