ANC presidentskandidate sit saam-saam by Saterdag se kroning

Lungani Zungu

Saterdag se monumentale kroning van Zoeloe-koning Misuzulu Sinqobile kaZwelithini in Durban sal aanspraakmakers op die ANC-presidentsposisie onder een dak saamdwing.

Deelnemers aan die wedloop vir ANC-hoofleierskap – voormalige minister van Gesondheid Zweli Mkhize, Nkosazana Dlamini-Zuma, president Cyril Ramaphosa, en oudpresident Jacob Zuma – gaan almal Saterdag by Moses Mabhida-stadion aanmeld.

Veral Ramaphosa en Zuma sal fyn dopgehou word. Zuma het Ramaphosa in die openbaar afgeransel toe hy beweer het die Phala Phala-skandaal kan bejeën word as hoogverraad.

Tradisionele eerste minister van die Zoeloe-nasie Mangosuthu Buthelezi voorsien dat die geleentheid in ‘n slagveld omskep gaan word vir die ANC se interne politieke gevegte.

“Wel… ons weet dat party mense hierdie geskiedkundige gebeurtenis wil gebruik om ANC-politiek voor Desember te beveg. Ons kan dit ongelukkig nie voorkom nie,” het Buthelezi Donderdag aan ‘n media-vergadering gesê.

Ramaphosa sal sy sertifikaat van erkenning aan Koning Misuzulu oorhandig en gaan ook ‘n toespraak lewer.

Politieke spelers soos Mkhize en Zuma gaan waarskynlik die KZN-tuisveld tot hul voordeel gebruik.

Die ANC-resies word nou witwarm, met minder as twee maande voor D-dag.

Bydraend tot hierdie prys is dat die stryd se oorwinnaar die land se volgende president sal wees, mits die ANC die 2024 nasionale verkiesing wen.

Die ANC het sy spertyd tot 7 November uitgestel vir takke om hul voorkeurkandidate voor te lê, onder meer weens beurtkrag wat die land lamlê.

Dit volg nadat meer as 1,000 takke nie daarin kon slaag om suksesvolle algemene vergaderings te hou nie.

Op Ramaphosa se lys is vooraanstaande ANC-figure soos Fikile Mbalula, wat vir die voltydse pos as sekretaris-generaal verkiesbaar is, met voormalige KZN-premier Senzo Mchunu as adjunkpresident.

Mkhize, wat voorloper is in KZN – die ANC se grootste provinsie wanneer dit by lidmaatskap kom – het huidige tesourier-generaal Paul Mashatile as makker, en as adjunkpresident op sy lys.

Oudpresident Zuma se veldtog om die volgende ANC-voorsitter te wees sukkel maar om aan die gang te kom.

Hierbo: President Cyril Ramaphosa en Jacob Zuma

Beeldbron: @AfricaIsACountry