ONNIE VAS NA 21 AANKLAGTE VAN SEKSUELE AANRANDING

Buziwe Nocuze

‘n Onderwyser daarvan beskuldig dat hy leerders in Mantlaleni, Lusikisiki, gemolesteer en hul semen in vlesse versamel het, het homself Maandag aan die polisie oorgegee. Die 25-jarige staan ​​tereg op 21 aanklagte van seksuele aanranding.

Die skokkende nuus van sy dade het laas week gebreek, nadat Graad 7 leerders die saak by die skoolhoof aangemeld het. Die aangeklaagde het die kinders na bewering gemolesteer tydens naskoolse klasse. Nadat hy hul laat masturbeer het, het hy glo hul semen in ‘n vles gebêre.

‘n Bekommerde ouer het gesê: “Die onderwyser het homself aan die polisie oorhandig, maar nou moet die skoolhoof trap want hy konnie daarin slaag om ons kinders van hierdie monster te beskerm nie. Ons vertrou hom nie.”

Ouers van die betrokke leerders het aangedring op ‘n nuwe skoolhoof by die Onderwys Departement. “Ons stuur ons kinders skool toe om te leer, nie om gemolesteer te word deur iemand wat hulle vertrou nie. Ons sal baklei totdat hy verwyder is.”

‘n 45-Jarige ma is bly dat die onderwyser homself oorhandig het. “Nou moet hy net vir ons vertel waarheen hy ons kinders se semen gevat het,” sê sy.

Volgens die moeder is haar seuns getraumatiseer en nie gemaklik om terug te keer skooltoe nie. “Ons kinders vertrou nou niemand meer nie, en ons kan hul nie blameer nie. Ek twyfel of hulle die jaar gaan slaag, want hul gedagtes haak vas by wat met hulle gebeur het.”

Oos-Kaap Departement van Onderwys woordvoerder Maligongwe Mtima het gesê die leerkrag is geskors. Hulle het aan plaaslike leiers gevra om in te tree sodat die saak vriendskaplik ontlont kan word.

Rakende aantygings dat die skoolhoof glo die onderwyser sou beskerm, het Mtima gesê: “Die hoof het die wetlike proses gevolg en gedoen wat hy kon om te verseker dat alles dienooreenkomstig gerapporteer en die wet gerespekteer word.”

Hy het gesê die departement tree op teen die vermeende oortreder, en dat die skoolhoof se gedrag en die gebrek aan beskerming vir die leerders bespreek sal word.

Adjudant-offisier Majola Nkohli, SAPD-woordvoerder in die Oos-Kaap, het gesê die onderwyser het homself Maandag oorgegee en het Woensdag in die Lusikisiki Landdroshof verskyn. Die saak is tot Vrydag 29 Oktober uitgestel.