Buziwe Nocuze
Terwyl haar geestesgesondheid vir Sharon Pfachi laat ly het, sou sy daagliks die huis verlaat en dan terugkeer met ‘n sak vol munte.
Die 21-jarige sou dan aan haar ma vertel dat die geld deur ‘n geheimsinnige vriend aan haar gegee is. Maar nou het Sharon soos mis voor die son verdwyn.
Die Zim-boorling wie verhuis het na Khayelitsha in Kaapstad is Vrydag laas gesien.
‘n Bekommerde Constance Pfachi het aan Scrolla.Africa vertel dat sy haar begin bekommer het toe sy besef haar dogter loop met geld rond.
“Wanneer ookal sy uithuisig was, het sy teruggekeer met R5-munte. Ek het my begin bekommer en gevra wie vir haar die geld gee, en waarom,” verduidelik Constance.
Blykbaar het Sharon die geld van ‘n mansvriend af ontvang.
Die moeder sê sy het onmiddellik uit haar bed uit gespring en daarop aangedring dat haar dogter die geld-gewende vriend uitwys.
Hulle het toe na die man se huis toe vertrek, maar haar dogter het weggehardloop net voordat hulle kon binnegaan.
“Ek weet nie hoekom sy weggehol het nie. Ek het haar probeer volg maar konnie byhou nie,” vertel Constance.
Sharon praat en verstaan slegs Shona, en ken geen van Suid-Afrika se tale nie.
“Ek het by die man se huis ingegaan – hy’s ook van Zimbabwe af. Ek het hom gevra of hy bekend is met my dogter, en waarom hy aanhoudend vir haar geld gee,” sê sy.
Die ou weet toe glo wie haar dogter is. Hy’t beweer dat ‘n vrou altyd na sy huis toe gekom en vir lekkergoedgeld gevra het, maar dat hy nie met Sharon bekend is nie.
Constance vrees dat haar dogter dalk verlore is en nie met plaaslike inwoners kan kommunikeer nie.
“Ek bid dat sy veilig sal terugkeer. Die stories wat mens lees oor mense wat vermis raak hou my nagte wakker. Ek het nog nie kon slaap vandag sy verdwyn het nie. Ek vrees vir my dogter se lewe,” sê sy.
Harare polisie woordvoerder Kaptein Siyabulela Vukubi het beaam dat speurders ‘n vermiste persoon-saak ondersoek.
“Die ondersoekbeampte sal more met die gesin vergader,” sê Vukubi
Hierbo: Sharon Pfachi
Foto: Buziwe Nocuze