Buziwe Nocuze
Bestuurders verbonde aan Uber, Bolt en Marketplace word so gereeld deur boewe geteiken dat hul aangesê is om polisie begeleiding te versoek wanneerookal hul die buurt binnegaan.
Nyanga Gemeenskapspolisie Forum het die bestuurders vervolgens ingelig, na berigte dat kriminele in die Philippi Browns Farm-gebied hulself toespits daarop om bestuurders te besteel sodra hul aanland.
Dumisani Qwabe doen kantoorwerk in die gebied, en het aan Scrolla.Africa vertel dat geen afleweringsvoertuie die “rooi stroke” in Browns, Nyanga, moet aandurf nie.
“Ons het verduidelik hoekom hulle dit nie alleen kan doen nie. Misdaadsyfers is eenvoudig te hoog. Om die polisie se begeleiding te vra is die beste uitweg vir almal,” sê hy.
“Tieners is voor in die koor wanneer dit kom by Marketplace bestellings. Sodra enige Uber, Bolt of Marketplace werknemers die gebied bereik, word hulle besteel.”
Die forum sal aanhou raad voorsien om te voorkom dat mense slagoffers van misdaad word.
“Gedurende die rooftog word party mense ernstig beseer, of boet selfs met hul lewens. Ons kan dit nie langer gade slaan nie, en hulle moet by die polisiestasie begin,” het Qwabe bygevoeg.
‘n Tiener is onlangs in hegtenis geneem nadat sy ‘n Markplace klant verlok het met wolhaarstories oor ‘n aflewering.
Wes-Kaap SAPD woordvoerder Sersant Wesley Twigg het adverteerders op sosiale media gemaan om versigtig te wees wanneer daar met potensiële kliënte omgegaan word.
Die polisie in Nyanga het verskeie voorvalle aangeteken waar adverteerders na Browns Farm gelok is, en dan beroof en aangeval word.
“Tydens ons ondersoek van hierdie geval is een van die verdagtes, ‘n 17-jarige meisie, deur die polisie raakgesien en gearresteer,” aldus Twigg.
Gemeenskapslede glo die polisie kannie alleen die stryd teen misdaad aansê nie.
“Ons pluk ‘n lat vir ons eie gat. As mense ophou om gesteelde goedere te koop, sal ons nie soveel misdaad in ons buurt hoef te verduur nie. Ons moet eers ons eie drumpel skoonvee voordat ons van polisiebeamptes kan verwag om misdaad te beëindig,” het hulle gesê.
Hierbo: Nyanga Polisiestasie
Foto bron: Buziwe Nocuze