By Lungani Zungu
Die inwoners van gemeenskaplike losieshuise (‘hostels’) – veral in die berugte buurt van Glebelands in Umlazi – hoop dat die kroning van Koning Misuzulu kaZwelithini in Durban weer eenheid in hul woonplekke sal teweegbring.
Daar word verwag dat ten minste 48,000 mense die historiese gebeurtenis by die Moses Mabhida Stadium gaan bywoon. En baie van hulle woon in een van Durban se 14 grootste losieshuise.
Wat hierdie woonplekke van ander onderskei is dat inwoning afhang van jou politieke oorweging.
Glebelands, byvoorbeeld, word beset deur ANC-aanhangers. Umlazi T en KwaMashu losieshuise word weer oorwegend deur IFP-lede bewoon.
Daar is ook ‘n lang geskiedenis versuur deur geweld en politiese moorde.
Ubumbano IamaHostela is voorstaanders van eenheid in hierdie blyplekke. Die organisasie se voorsitter, Vusi Zweni, sê losseerders sal die kroonseremonie in volle swang bywoon.
“Ongeag hul herkoms stel mense werklik belang in die gebeurtenis,” sê hy. “Ons hoop almal bejeën mekaar as broers en susters na die kroningsgeleentheid.”
Zweni voeg by dat die bymekaarkoms brandpunte tussen strydende faksies, veral in Glebelands, mag blus.
“Ons hoop ook dat die Koning eenheid tussen losseerders sal bevorder in sy kroonrede. Daar kannie nog verder bloed vloei nie,” sê hy.
Meer as 120 mense het hul lewens by hierdie losieshuis verloor tussen 2014 en 2019, volgens geweldswaghond Vanessa Burger.
Umlazi T, ook bekend as “17 hostel”, en KwaMashu gee deesdae die organisasie hoofbrekens.
Zweni sê ‘n tradisionele ingoma bymekaarkoms sal by Glebelands gehou word op 13 November in die hoop om vrede te bewerkstellig.
Daar word verwag dat veel-bekroonde maskandi musikant Khuzani Mpungose die skare sal betower.
Zweni sê alle losieshuise sal uitgenooi word.
Glebelands inwonder Sihle Sibisi sê hy gaan Koning Misizulu se bekroning bywoon saam met vriende van die Oos-Kaap, wie saam met hom loseer.
“Ons deel almal die gedagte dat vrede in ons woonplekke moet heers. Die bloedvergieting moet nou eindig. My vriende is opgewonde, selfs al is hulle nie van Zulu afkoms nie,” sê Zweni.
Ethekwini Munisipaliteit het laat weet hul is gereed om mense in Durban te verwelkom.
President Cyril Ramaphosa sal byderhand wees met papierwerk om die nuwe koning amptelik te erken.