Herman Mashaba maak voorbrand vir 2024

Grondlegging vir 2024: Die leier van ActionSA het nou ‘n kantoor in elk van die land se provinsies – ‘n beduidende teken dat hy hom staal om as president te staan, aldus Zukile Majova.

Dit was ‘n woelige week vir entrepreneur en ActionSA-stigter Herman Mashaba, wie Michelle Wasserman onhul het as partyleier in die Wes-Kaap.

Die aankondiging was die laaste deel van Mashaba se plan om leierstrukture in elke provinsie te vestig.

Dit is die duidelikste aanduiding nog dat Mashaba hom voorberei vir ‘n geveg tydens 2024 se algemene verkiesing, alom aanvaar as keerpunt vir die land se leierskap.

Daar word verwag dat die ANC vir die eerste keer sedert 1994 minder as 50% van stemme sal wen, wat die deure sal oopmaak vir ‘n koalisie-regering om die land te bestuur.

Tydens plaaslike regering verkiesings in November 2021 het hierdie nuwe speler in SA politiek slegs naam gemaak by ses munisipaliteite in twee provinsies.

Hulle het meer as 547,000 stemme verwerf en 90 raadslede het hul verteenwoordig in die Stad Johannesburg, Stad Tswhane, en Stad Ekurhuleni – almal in Gauteng – sowel as in die eThekwini Metro, Newcastle, en KwaDukuza in KZN.

Mashaba het op Maandag aan lede van die pers vertel dat sy party ‘n yslike prys losgeslaan het deur Wasseman oor te wen. Hierdie voormalige burgemeester van Knysna spog ook met ‘n Meestersgraad in Menseregte van die Universiteit van London.

Mashaba het verduidelik sy party is ontwerp om ‘n nuwe pad in te slaan in Suid-Afrika se politieke landskap, so deurspek van rasse politiek.

“Dit sal wonderlik wees as almal vir ActionSA stem en ondersteun, maar diegene wat ‘n ras najaag moet liefs elders gaan inkyk.

“Ons bou ‘n party wat alle Suid-Afrikaanse burgers verteenwoordig.”

In KwaZula-Natal het ActionSA die gesoute politikus en voormalige provinsiale wedgewer Zwakele Mncwango van die DA af weggerokkel.

Die DA het nog ‘n verlies beleef toe Mashaba vir John Moodey in Gauteng oorgewen het. Moodey is ‘n ervare kampvegter wat ook lid was van die Gauteng Wetgewer tussen 2004 en 2020.

Hierbo: Herman Mashaba

Bron: @ActionSA