Groot geskarrel vir Rassie en Jacques se 10-trui kandidaat

LAATVAT MET LUCKY: Mens kan ‘n uitstekede losskakel agter amper elke bos uitskop, maar met geen van hulle tans in die land nie, bekommer Lucky Maree hom oor die Ierse wedstryd nou net om die draai.

Na maande van voorbereiding vir die kragmetings wat voorlê teen Ierland en ander Noordelike Halfrond spanne, blyk dit Rassie Erasmus and Jacques Nienaber is op pad om drie van die wêreld se beste rugbynasies aan te pak sonder ‘n ondentlike losskakel.

Om die probleem te verbloem gebruik hulle terme soos “veelsydige agterspeler” ter beskrywing van losskakels wat slegs tydelik vinger in die dyk druk.  

Damian Willemse was al goed in die posisie en, as losskakel vir die Springbokke se begin-15 teen Ierland die naweek, is hy waarskynlik die mees “veelsydige agterspeler” om die nommer-10 trui te vul. Steeds grootliks gereken as heelagter, sal hy versker sy beste lewer. Maar gaan dit goed genoeg wees?

Soos ons weet is die noodlot nie altyd aan die ‘Bok breiers se kant nie.

Toe Handré Pollard laas op die veld was, het ons hom amper nie herken nie. Om ernstige beserings te oorkom sit nie in elke ou se broek nie, maar ‘n losskakel moet selfvertroue, durf, en hare op sy tande hê. Pollard het nul uit drie gekry.

Johan Goosen is nie beskikbaar nie – hulle noem hom nie verniet die man wat gereeld “sy rugbytrui vir ‘n hospitaaljakkie verruil” nie – en beserings sou sy veldtyd in elk geval kortknip.

En daai was die goeie ouens!

Frans Steyn toer goed en kon dus als insit teen Argentinië, maar het van swak na treurig gedaal met die spoed wat hom immer ontbreek. Al wat stadiger as sy pas was, was sy lompe besluitneming. En hoe minder van sy doelskoppe vermeld word, hoe beter.

Verbeel jou nou Elton Jantjies het homself nie by die uitdroogkliniek gaan inteken nie! Ons sou hom al pruilend saam met die begin-15 veld-op sien hol het – wat ‘n wonderlike droombeeld…

Dit was pynlik om vir Manie Libbok te sien worstel met Noordelike Halfrondse toestande. Hy’t ‘n paar keer gegly op die nat veld, sy skopslae uit die hand uit het nêrens goed geland nie, en daai bottervingers kon maar net nie vat kry aan die bal nie. Libbok is ‘n momentum-speler en, soos ons goed weet, kan Nienaber en Erasmus berge versit op die selfvertroue front. Maar hulle sal ‘n haas die hoed-uit moet trek om Libbok weer ordentlike rugby te laat speel.

In skreiende kontras staan Ierland se Johnny Sexton. Op die veld is hy beslis die grootste pyn in die nek – en dit sluit die skeidsregter in. Daar’s geen klinkklare bewyse nie, maar dit kom voor dat Sexton eiehandig alle Leinster ondersteuners verander het in ‘n bende van woedende klaers en boelies wat vooroordele in die pad van hul rugbyliefde laat staan. En dis sommer ook ‘n raak manier om vir Liewe Johnny self te beskryf. Maar hy speel beter rugby as ooit vantevore en moet sekerlik die ‘Bok breiers laat kopkrap. Dis sal interessant wees om te sien hoe hulle met hom gaan huishou.  

Eddie Jones vertel dis “groot pret” om deesdae rugby afrigter te wees. Maklik vir hom om te sê, met kaarte soos Marcus Smith in sy pak, wat met enige losskakel in die wêreld kan meeding. Maar Smith mag miskien nie eers die nommer-10 trui haal wanneer Engeland en die Springbokke op 19 November by Twickenham die stryd voortsit nie.

Dis blyk of Suid-Afrika krummels van die vloer afskraap, terwyl Ierland, Frankryk, en Engeland mildelik die room afskep.

Hierbo: Jacques Nienaber en Rassie Erasmus.

Beeld bron: The South African