Russe se oemf hang halfstok ná Viagra-boikot
Die boikot teen Rusland het dié week na die slaapkamer uitgebrei toe Viatris, die vervaardiger van Viagra, aflewerings aan dié land gestaak het.
Taxi-base ontwrig skoolvervoer om onderhandelinge af te dwing
Duisende skoolkinders is tuis gestrand omdat ’n taxivereniging, Codeta, paaie blokkeer en busse en privaatmotors dwing om om te draai.
Chief en Pirates haal nie Superliga nie
Kaizer Chiefs en Orlando Pirates sal nie deel uitmaak van die eerste CAF Superliga nie. Mamelodi Sundowns sal Suid-Afrika se enigste verteenwoordiger wees.
Sokkerspelertjie wat grot oorleef het ‘speel nou in die hemel’
Een van die 12 seuntjies wat in 2018 uit ’n watergevulde grot in Thailand gered is, Duangpetch Promthep, bekend as Dom, is Dindagaand in Brittanje dood. Die oorsaak is onbekend. Geen misdaad word vermoed nie
Valentynsgeskenk uit die hel
Toe Johannah Lebaka haar mansvriend van meer as ’n jaar op Valentynsdag afgesê het, het hy besluit as hy haar nie kan kry nie, kan niemand anders ook nie.
Sy kan nie hoor nie, maar genugtig, kan sy dans!
Zondi Khosa mag doof wees, maar dit verhinder haar nie om asemrowende dansbewegings uit te voer nie.
Die beste manier om wraak voor te sit? Vriesend!
Sonia Booth het die meeste gemaak van haar eerste stoksielalleen Valentynsdag – deur ‘n splinternuwe reeks kaaskoekgegeurde roomys bekend te stel.
Sol Stringer glo dit vat meer as net vingers om sy kitaar te laat sing
Dames en here, staal julself vir Sol Stringer! Hy kom na 'n verhoog naby jou om die plek aan die brand te speel met sy plofbare kitaar-manewales en sy splinternuwe plaat.
Mtolo roei moontlik sy naam die annale in
Wanneer die Dusi-kanomarathon Donderdag by Pietermaritzburg begin, sal Msawenkosi Mtolo op sy witwarmste vertoon in sy poging vir ‘n podiumplek.
Spanjaarde rinkink op land se donker verlede
’n Span argeoloë in die Spaanse stad Utrera het onlangs op ’n sinagoge uit die veertiende eeu in die middel van ’n florerende nagklub afgekom.