Proteas gly, maar vrouesport seëvier
Die Proteas het gister op Nuweland met 19 lopies teen ’n briljante Australiese krieketspan in die T20 Wêreldbekereindstryd vasgeval – maar vrouesport in Suid-Afrika onomkeerbaar verander.
Mantashe dink hy doen eersteklaswerk
Gwede Mantashe, die Minister van Minerale Bronne en Energiesake, glo hy doen eersteklaswerk, al gaan Suid-Afrika deur sy grootste energiekrisis in dekades.
Boefbendes neem skole in Ekurhuleni oor
Bendes beheer skoolgronde in die oostelike Ekurhuleni. Leerders moet respek aan hulle toon, of die slagoffers van gewelddadig aanvalle word.
Vet rotte en dors mozzies terroriseer Onder-Crossroads
Inwoners van Onder-Crossroads in Kaapstad leef in vrees vir ’n muskiet- en rotplaag. Hulle kon in 2021 laas rustig slaap.
Wiskunde-boffin wil somme lekka pret maak
Wiskundige en mediese dokter Sibusiso Mahlangu wy sy lewe daaraan om negatiewe houdings jeens Wiskunde om te keer.
Elektriese motors, mikronetwerke en ‘n eFees – met beurtkrag by Fase 7
Die kragvoorsiener wat beswaarlik die ligte aan die brand kan hou, het aangekondig hy gaan deel wees van die ankermark vir elektriese voertuie.
VLOOIE BEHEER HIERDIE SIRKUS
Suid-Afrika ervaar ‘n nuwe vlaag van vlooimarkery: piepklein partytjies met een of twee setels swaai die septer in multimiljard-rand munisipaliteitsrade.
Tazmin kolf en vang SA tot in Wêreldbekereindstryd
Suid-Afrika se vroue-krieketspan het iets reggekry wat die mans al 41 jaar lank sukkel om te doen: ’n pad oopgespeel tot in die eindstryd van ’n wêreldbekertoernooi, in dié geval T20.
Strandseks skop sandstorm op
’n Paartjie in Suid-Australië kon dié week nie wag tot by die huis voordat hulle dáái ding doen nie. Toe doen hulle dit oop en bloot op Henley Beach.
Harare se grypdiewe laat die hare rys
Straatkinders in Harare maak geld soos bossies deur Brasiliaanse pruike van vroulike motoriste en voetgangers se koppe af te ruk.