‘Ek het hom nié aangerand nie’ – Cyan Boujee

Cyan Boujee

Cyan Boujee, die sosiale media-beïnvloeder en inhoudskepper, kap terug teen bewerings van aanranding deur haar voormalige bestuurder, Wellington Malete.

Sy beweer selfs dat sy oogbesering moontlik vervals is.

Malete het op sosiale media vertel Boujee het hom oor finansiële meningsverskille aangerand. Hy het beweer dat Boujee betalings voor optredes geëis het en hom aangeval het omdat hy haar versoeke vir ‘n Mercedes A45 geweier het, en dat hy nie haar geld na haar sin bestuur het nie.

Volgens Malete is Boujee se aggressie ontketen na ‘n konfrontasie oor haar finansiële besluite.

Hy het gesê sy het versuim om vir bespreekte optredes op te daag, insluitend dié in Kaapstad, en het steeds betaling geëis vir ‘n bespreking in Suid-Korea.

Maar Boujee sê die beskuldigings is bog.

“Jy ken my nou al. As ek iemand geslaan het, sal ek daardie k@k erken,” het sy gesê, volgens ‘n berig in The Citizen.

Sy bevraagteken die moontlikheid dat sy ‘n 49-jarige man sou aanrand, en het nou weg beweeg van haar voormalige bestuurder om saam met ‘n agentskap te werk.

Malete het bevestig dat hy regstappe teen Boujee neem, met berigte wat daarop dui dat ‘n aanrandingsaak geopen is na hul verblyf by die ANEW-oord in Hazy View, Mpumalanga.

‘n SAPD woordvoerder kon egter geen saak bevestig wat teen haar geregistreer is nie.

Boujee het in ‘n Instagram-storie die situasie “belaglik” genoem en beklemtoon dat sy na ‘n nuwe agentskap skuif weens Malete se beweerde swak behandeling.

Sy het voorgestel die oogbesering kan dalk vals wees: “As jy ‘n oogbesering gaan opmaak, is daar niks wat ek daaraan kan doen nie.”

Saamgestel deur personeelskrywer

Op die foto hierbo: Cyan Boujee

Bron: X