Deur Buziwe Nocuze
Die doel van die Queer Feminist Filmfees (QFFF) in Langa die afgelope naweek was opvoeding sowel as vermaak.
Feeskoördineerder Thandile Mbatsha het gesê die geleentheid het ten doel gehad om “leer en afleer te bevorder” deur middel van film en kuns wat uiteenlopende vertellings van LGBTQIA+ persone uitbeeld.
“Ons gebruik die rolprente as katalisator en springplank, wat kritiese besprekings oor die lewensbestaan en ervarings van Queer mense bevorder.
“Ons hou ook werkswinkels waar ons Queer mense leer om platejoggies te word, en wys hoe hulle hul gevoelens deur skryfkuns kan uitdruk,” het Thandile gesê.
“Ons het almal verwelkom solank hulle belowe het om hulself sal gedra. Hulle het die fees bygewoon om meer van Queer mense te leer, en van diegene wat belangstel om aan te beweeg.
“Dit is ons veilige plekkie; ons het oor alles gepraat en ons sal dit waardeer as mense ophou sê ons is nie Afrikane nie.
“Ons het ook die kwessies bespreek wat oor ons pad kom: Queer mense word dikwels as demonies of verlore bestempel. Ons het gepraat oor hoe om daardie uitdagings die hoof te bied.”
Thandile het erken dat daar ook baie diskriminasie onder Queer mense self is.
En dan is daar die netelige kwessie van wanneer om uit die kas te klim.
“Ons het lede wat nog in die kas vas is en nie weet hoe om hul ouers te vertel nie. Ons moedig mense nie altyd aan om uit te praat oor met wie hulle uitgaan nie. Ons glo dat selfdegeslagverhoudings soos enige ander verhouding behandel moet word, en in daardie verhoudings sien of hoor ons nie van meisies wat vir hul ouers sê dat hulle nou uitgaan nie.”
Mandisa Sam, ‘n 43-jarige inwoner, glo dit sal tyd neem vir Queer mense om verstaan te word.
“Ek is lief vir hulle en ek wens ander mense was ook, en dat daar opgehou sal word om hulle dood te maak. Wie jy kies om op verlief te raak behoort niemand anders se probleem te wees nie; ons moet andere se keuses respekteer,” het Mandisa gesê.
Op die foto hierbo: Die Queer Feminist Filmfees laat mense toe om te praat oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar
Bron: Buziwe Nocuze